Cpirit Country Haven Dullstroom

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Cpirit Country Haven Dullstroom is 'n lowerryke, rustige plaas in die bergagtige omgewing 7,1 km buite Dullstroom. Ons bied verblyf in klipkothuise met selfsorgfasiliteite. Fonteinwater voed ons foreldamme wat gewild is onder kunsvlieghengelaars en piekniekliefhebbers is mal daaroor om 'n kombers oop te gooi in ons perske- en okkerneutboorde.

Al ons verskillende eenhede is ruim en smaakvol versier en toegerus met kaggels. Die Fisherman Cottages het slaapplek vir 6 persone in 3 ruim slaapkamers en beskik ook oor 'n volledig toegeruste kombuisie. Die Farm Studios het elkeen slaapplek vir 2 persone. Die Barn House het slaapplek vir 8 persone in 4 ruim slaapkamers en beskik ook oor 'n volledig toegeruste kombuisie. Linne, handdoeke en meubels van 'n hoë gehalte word voorsien. Die selfsorgplaas akkommodeer 28 persone - van paartjies tot groot groepe.

Cpirit het ook 'n lapa met 'n kaggel wat ideaal is vir groot groepe wat lekker wil kuier. Cpirit se funksie-venue genaamd Cpirit Country Shed bied 'n pragtige, unieke, plattelandse ervaring en is ideaal vir diegene wat 'n spesiale geleentheid wil vier of 'n korporatiewe wegbreek moet reël. Daar is 3 damme wat wemel van die reënboogforel wat baie lus is vir die vliegies wat jy gevou het.

Daar is 'n grondpad wat vir 7,5 km strek. Voertuie met hoë grondvryhoogte word aanbeveel.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe

Aktiwiteite op perseel

  •  Kunsvlieghengel
  •  Forelhengel

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Cpirit Country Haven Dullstroom gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 200 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false