Crest 70

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Crest 70 is net 500 m vanaf Pearly Beach se strand en bied slaapplek aan 4 gaste.

Dié tuinwoonstel het 'n gedeeltelike see-uitsig en beskik oor 2 slaapkamers. Daar is 'n dubbelbed in die hoofslaapkamer en 2 enkelbeddens in die ander slaapkamer. Die badkamer het 'n bad en 'n stort.

Die oopplan-kombuis het 'n tweeplaatstoof en 'n oond, 'n mikrogolf, 'n yskas en koffie- en teemaakgeriewe. Gaste kan by die etenstafel aansit en by die TV ontspan. Braaigeriewe is tot gaste se beskikking.

Doendinge in en om Pearly Beach sluit voetslaanroetes en haaihokduik by Kleinbaai 20 km van Pearly Beach af in. Besoekers kan tussen Junie en November walvisse in die baai sien. Gansbaai is net 24 km se ry ver.

Slaapplek

'n Bespreking by Crest 70 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Mikrogolfoond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Crest 70 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za