Pongolapoortdam Akkommodasie by Cycad Rock Fishing Lodge | LekkeSlaap
+26

Cycad Rock Fishing Lodge

Spesiale Aanbod 10% af

Kry 10% af. Geldig vanaf 9 Mei 2020 tot 30 Jun 2020.

  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofweg 1, Jozini, 3969, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 200 R1 080 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Cycad Rock Fishing Lodge is reg langs die Jozinidam in KwaZulu-Natal en bied ideale verblyf vir kranige vissermanne. Dié omgewing is veral bekend vir tiervisvang en gaste het toegang tot die Jozinidam wat tot in Swaziland strek. Die pad af na die lodge is nie geskik vir lae voertuie nie.

Die lodge het 2 kothuise aan die dam se oewer wat pragtige uitsigte bied.

Die Visarend-kothuis het 2 slaapkamers met slaapplek vir 4 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die tweede kamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Die kombuis is toegerus met alles wat benodig word vir sorgvrye selfsorgverblyf. Daar is sitplek en braaigeriewe op die groot stoep waar gaste heerlik kan kuier.

Die Tarentaal-kothuis het ook 2 slaapkamers. Die oopplan-hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 4 enkelbeddens. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens. Daar is 'n oopplan-kombuis en -eetkamer en een badkamer. Die stoep met braaigeriewe en sitplek bied 'n uitsig oor die dam.

Daar is 'n jetty, en 'n boot is beskikbaar vir visvang en plesierritte. Die lodge bied ook 'n kampterrein vir tente en 4x4-woonwaens.

Cycad Rock Fishing Lodge het 'n swembad daar is lieflike grasperke waarop kinders kan baljaar. Die omgewing spog met 'n ryk voëllewe, daar is 'n natuurreservaat naby en Sodwanabaai is net 'n uur se ry hiervandaan.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Rolstoelvriendelik
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 10 resensies vir Cycad Rock Fishing Lodge
Netheid
4.3/5
Diens
4.4/5
Ligging
4.4/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.1/5

Ligging

  • Hoofweg 1, Jozini, 3969, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Cycad Rock Fishing Lodge het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R1 200
Vanaf R1 080
per nag (vir 2 persone)
was R1 200
Vanaf R1 080
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofweg 1, Jozini, 3969, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGY1ZDE4MzNmLWQ1YmYtNDUwMy1hNDBiLWExM2JhM2I5OTQyNw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R1 200, nou Vanaf R1 080  per nag (vir 2 persone) 10 5 1 5 1 Main Road Jozini 3969 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -27.416447751512 32.062799334526
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za