Daddas Place

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Daddas Place is 'n lieflike, gemeubileerde selfsorgwoonstel in die veilige Mangrove Kuslandgoed, net 150 m vanaf Melville se Banana Beach in Port Shepstone.

Dié grondverdiepingwoonstel het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 2 stapelbeddens. Die tweede badkamer het 'n bad, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is goed toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, ketel, broodrooster en 'n ontbyttoonbank met stoeltjies. Die sitarea het gemaklike sitplek, 'n platskerm-TV en skuifdeure wat na 'n tuin met braaigeriewe en 'n uitsig oor die see lei. Daar is genoeg ruimte vir kinders om lekker te speel.

Die mangrove Kuslandgoed het 'n gemeenskaplike swembad en 'n speletjieskamer met 'n tafeltennisblad en 'n pool-tafel. Daar is 'n privaat houtplankpaadjie wat na die strand lei.

Slaapplek

'n Bespreking by Daddas Place sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 4 persone
2 x Stapelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Daddas Place gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 450 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za