- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Effingham Parade 39, Suidkus, Trafalgar, 4275, KwaZulu-Natal
- Geen kinders onder 18
- Vanaf R3 600 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Days At Sea Beach Lodge bied 5-ster-verblyf in 'n paradys. Dit is in 'n welige tropiese tuin op die wit strande van Trafalgar in Kwazulu-Natal geleë. Dié kusdorpie lê 150 km suid van Durban aan die Suidkus van Kwazulu-Natal. Trafalgar-strand word beskerm deur haainette en bied lekker branders vir branderplankryers. Dit is die ideale bestemming vir avontuur-reisigers en gesinne.
Daar is 4 suites en 'n stand-villa. Die suites het elkeen 1 slaapkamer met 'n koninggrootte-bed, 'n en suite-badkamer met 'n stort, en 'n leefarea. Die strand-villa het 2 slaapkamers, 'n kombuisie, 'n privaat swembad en 'n Jacuzzi. Elke eenheid het ook 'n TV met sekere DStv-kanale, WiFi, lugversorging en 'n yskassie. Daar is 'n privaat dek buite waar gaste die asemrowende see-uitsigte kan geniet.
Days At Sea Beach Lodge beskik oor 'n restaurant, 'n spa, 'n wynkelder, 'n swembad en parkeerplek op die perseel. Toegang tot 'n privaat strand is ook beskikbaar.
Daar is baie doendinge soos gholf, skubaduik, tennis, dolfyn- en walviskyk, diepsee-hengel, fietsry en staproetes wat deur ons bestuurder gereël kan word.
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- Kroeg
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Gastesitkamer
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Nagportier
- Restaurant op Perseel
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Wynkelder
Aktiwiteite Naby
- Perdry
Hier praat ons
- Engels
- Duits
- Zoeloe
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Diners-kaart
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.4/5
Cindy Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 5
Op LekkeSlaap 12 jaar
Ligging
- Effingham Parade 39, Suidkus, Trafalgar, 4275, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Days At Sea Beach Lodge het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Trafalgar Southbroom Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Effingham Parade 39, Suidkus, Trafalgar, 4275, KwaZulu-Natal
- Geen kinders onder 18