LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by De Companjie | LekkeSlaap
+20

De Companjie

Gastehuis
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Voortrekstraat 5, Swellendam, 6740, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 12
  • Vanaf R1 300 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

In die skilderagtige dorpie Swellendam, onder reuse akkerbome, is ons pragtige, opgeknapte historiese huis wat uit 1832 dateer. Kom geniet luukse akkommodasie met 'n tikkie nostalgie. Ons versameling antieke meubels en herinneringe van gesinne op die historiese mure van ons restaurant sal jou ook na die verlede laat hunker.

Ons gastehuis het 3 privaat duet-suites wat elk ’n koninggrootte-bed, platskerm-TV met volledige DStv, luukse Oosterse matte, oorspronklike geelhoutvloere, volledige badkamers met Victoriaanse en moderne afwerkings en 'n voorportaal met koffie- en teemaakgeriewe.

Elke kamer het ’n privaat ingang van die straat af, met 'n agterdeur wat na ’n heerlike dek lei met uitsigte van die historiese geboue, berge en ontwerpte tuin. 'n Ontspanningskamer is beskikbaar vir gaste wat 'n tradisionele braai wil geniet, of sommer net met 'n glasie wyn na die sonsondergang oor die kanola-velde in die verte wil staar. Daar is ook 'n plonspoel vir daardie warm somersdae.

Ontbyt word in ons restaurant of in die tuin bedien, gaste kan kies. Ons restaurant in die huis bied kwaliteit-etes met beesvleis, wildsvleis van ons Kalahari-plaas en plaaslike produkte. 'n Egte Suid-Afrikaanse ervaring wag op jou! Ons geskenkwinkel is ook vir jou gerief beskikbaar. Ongelukkig word geen kinders jonger as 14 jaar toegelaat nie.

Langs ons gastehuis is die ou kerk wat dateer uit die vroeë 1800's, pragtige ou geboue met Kaap-Hollandse en Victoriaanse argitektuur én die Drostdy Museum. Voetslaan en fietsry in die Marloth Reservaat is 'n gunsteling; piekniekmandjies kan gereël word vir jou doendinge deur die dag. Verskeie puik restaurante is stapafstand van ons af.

Kom geniet dit by die vriendelike eienaars/gashere uit die Kalahari. Die atmosfeer van hierdie ou dorpie en sy mense sal jou bekoor! Dit sal beslik ’n onvergeetlike ervaring wees.

Kenmerke

Afrikaans
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 7 resensies vir De Companjie
Netheid
5.0/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Voortrekstraat 5, Swellendam, 6740, Wes-Kaap
  • Gaste dink De Companjie het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 300
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 300
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Voortrekstraat 5, Swellendam, 6740, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 12
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAadacff1de998da96992a1d082aad995a31eedd9104c38f9c77e7975041c860ec98cf0d25982e42121087706206923b414812?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 300  per nag (plek vir 2) 7 5 1 5 5 Voortrek Street Swellendam 6740 Wes-Kaap 086 999 0018 15:00-17:00 11:00 -34.0168899 20.447793
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!