De Zoete Rust

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

In 'n rustige deel van Centurion is Raslouw, wat bekend staan vir sy groot herehuise en gemaklike leefstyl. Op 'n perseel van 1 hektaar bied ons uitstekende verblyf en kookkuns in 'n Bali-herehuis. Die kamers is baie ruim en luuks om aan elke behoefte te voldoen. Ons het luukse koninggrootte- of koningingrootte-beddens, veranda-deure wat oopmaak op privaat patio's en die tuin en 32" platskerm-TV's en oorgenoeg kasruimte.

Ons bied eksklusiewe verblyf vir die senior sakereisiger of oordeelkundige toerus en ons is toegespits op jou en suite-vereistes. Al die en suite-badkamers het Jacuzzi-baddens en/of storte. Die kamers is ingerig met 32" platskerm-TV's met DStv, yskas, verhitting, groot werkstasies vir die besige sakeman, lugversorging en verversings. Rook is verbode in al die kamers. Daar is 'n TV-kamer met 'n grootskerm-teater en konferensiegeriewe. Oorgenoeg veilige parkeerplek, elektriese heinings en outomatiese hekke wat gekoppel is aan 24 uur-gewapende sekuriteit verseker ekstra gemoedsrus.

Al die kamers het toegang tot die balkon/patio en bied pragtige uitsigte oor die privaat tuine. Daar is wasgoedgeriewe en 'n motorwasdiens beskikbaar. Telefoon-, faks-, skandeer- en internet-geriewe is ook beskikbaar. Die verhitte swembad en ontspan-areas is op die 10 000 m² perseel. Spyseniering word voorsien deur bekende sjefs wat graag voorsien vir privaat funksies in ons uitstekende fasiliteite. 'n Heerlike ontbyt, middagete en aandete kan rondom die swembad, in die vermaak-area of in die formele eetkamer voorgesit word. Ons het 'n geïsoleerde wynkelder propvol voorraad wat die beste Suid-Afrikaanse wyne insluit.

Sierfonteintjies en visdammetjies skep 'n ontspanne atmosfeer sodat jy kan ontspan na 'n besige dag.

Langtermynverblyf is beskikbaar.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na De Zoete Rust gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 180 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za