Margate Beach Akkommodasie by Del Su Me 17 Margate | LekkeSlaap
+9

Del Su Me 17 Margate

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lagoon-rylaan 13, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 250 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Del Su Me 17 is 'n baie ruim woonstel met 3 slaapkamers en 2 badkamers in Margate aan die Suidkus van KwaZulu-Natal. Die woonstel is geleë op die oewer van die Margate-strandmeer waar jy die trapbootjies wat verbykom kan dophou. Margate se hoofstrand/dorp is 300 m se stap weg en bied 'n verskeidenheid restaurante en winkels.

Dié moderne woonstel is gemeubileer met goeie kwaliteit meubels, toebehore, linne, eetgerei en breekware. Dit is 'n baie netjiese en goed versorgde eenheid. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, lugversorging en 'n en suite-badkamer met 'n toilet en bad. Die tweede en derde slaapkamer het elk 2 enkelbeddens, lugversorging en 'n plafonwaaier. Die tweede badkamer het 'n toilet en stort. Daar is 'n groot leefarea, eetkamer en sitarea wat oopplan is en 'n moderne, volledig toegeruste kombuis met 'n wasmasjien, mikrogolfoond en tuimeldroër.

Die kamers kan slegs 2 persone per kamer akkommodeer, so daar is slaapplek vir 'n totaal van 6 gaste. Die sitkamer het 'n groot platskerm-TV met DStv (familie-pakket). Indien jy meer kanale verkies, bring asb. jou eie dekodeerder en slimkaart saam. Daar is 'n groot balkon met gietystermeubels, ideaal om skemerkelkies te drink en die pragtige uitsig oor die strandmeer te geniet.

Voorsien asseblief jou eie bad- en strandhanddoeke en vadoeke. Die kompleks is volledig omhein met elektriese omheining. 'n Swembad en braaigeriewe is beskikbaar.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 10 resensies vir Del Su Me 17 Margate
Netheid
4.6/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Lagoon-rylaan 13, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Del Su Me 17 Margate het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 250
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 250
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lagoon-rylaan 13, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGFmNWVhY2RhLTQyY2EtNDFjMi04MDM0LTBmMTgxYmE2NzM1OA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 250  per nag (plek vir 6) 10 5 1 5 Lagoon Drive 13 Margate 4275 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -30.858689677993 30.372304916382
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za