DeMist Cottage - Old Pollie

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

DeMist Cottage - Old Pollie is weggesteek in 'n lowerryke tuin op 'n sitrusplaas in die Gamtoosriviervallei noord van Patensie, net 'n klein entjie se ry vanaf die Baviaanskloof Wildernisgebied se oostelike ingang. Dit is ideaal vir reisigers wat op soek is na oornagplek of natuurliefhebbers wat op daguitstappies na die Baviaanskloof wil gaan.

DeMist Cottage - Old Pollie selfs is baie rustig en staan teen die sitrusboorde met salige uitsigte oor die omliggende heuwels.

Buiten die Baviaanskloof is daar verskeie doendinge in Patensie. Gaste kan rustig tussen die boorde wandel langs die rivier wat deur die plaas loop. Daar is ook 'n paadjie langs die besproeingskanaal in die heuwels. Die vallei het sy skoonheid te dankie aan die kanaal.

Verblyf:

Die kothuis bied privaatheid en veilige parkeerplek, en dit is net 'n klein entjie se ry vanaf die hoofpad.

Die kothuis het slaapplek vir 3 gaste so dit is ideaal vir paartjies of gesinnetjies. Daar is 'n dubbelbed en 'n enkelbed in die slaapkamer. Die badkamer het 'n stort, wasbak, en toilet.

Die sitkamer het meer as genoeg sitplek en dit is deel van die oopplan-kombuis wat toegerus is met 'n yskas, mikrogolf, tweeplaatstoof en alles anders wat jy nodig het.

Gaste kan ook heerlik ontspan op die stoep met sy uitsig oor die tuin en in die privaat lapa met sy braaiplek.

Slaapplek

'n Bespreking by DeMist Cottage - Old Pollie sluit in:

1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na DeMist Cottage - Old Pollie gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R500 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za