8 gaste
4 slaapkamers
7 beds
4 badkamers
- 8 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Soos Gesien op Instagram
- 40 Rocherpan Street, Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Deus Benedicat is ’n pragtige dubbelverdieping-selfsorgvakansiehuis wat na die see front en tussen die Weskus-fynbos in die rustige dorpie, Dwarskersbos, geleë is.
Die huis beskik oor 4 slaapkamers met uitsigte oor die see. Die slaapkamers het 2 enkelbeddens wat opgemaak kan word volgens gaste se voorkeur. Elke slaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak, en lei na ’n balkon waar gaste die fynbos en see kan ruik. Die hoofslaapkamer is op die grondverdieping en lei na die swembad en kuierarea.
Die kombuis het moderne toestelle en is met ’n yskas, oond, stoof, mikrogolfoond en ’n koffiehoekie toegerus. Die sitarea en eetarea lei na die stoep en swembad wat na die see front. Gaste kan op die stoep ontspan, die sonsondergang bewonder, saam met vriende en familie kuier, lees, drankies geniet of na die seemeeue en oestervangers kyk.
Die huis het braaigeriewe en ’n houtvuurpizza-oond. Verder kan gaste op die strand stap of in die see swem, en daarna die seesand in die buitestort afspoel.
Deus Benedicat is vir gesinsvakansies, intieme troues, spesiale geleenthede, foto-sessies, werkswinkels en kookklasse geskik.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Sheryl Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 3
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- 40 Rocherpan Street, Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
- Gaste dink Deus Benedicat het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
40 Rocherpan Street, Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
Sien kaart- 8 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Soos Gesien op Instagram
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang