DeWetsRus

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

DeWetsRus is 'n selfsorg-eenheid vir 8 gaste in Keimond met 'n lieflike uitsig oor die rivier.

Die dubbelverdiepinghuis beskik oor 4 slaapkamers, elkeen met 'n dubbelbed, en 3 badkamers met baddens of storte. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer, 2 van die slaapkamers deel, 'n badkamer en 1 van die aparte slaapkamers het 'n privaat badkamer. Gaste moet asb. hulle eie strandhanddoeke saambring.

Die oopplan-kombuis is met 'n yskas, stoof, oond, mikrogolfoond en koffie- en teemaakgeriewe toegerus. Gaste kan maaltye by die etenstafel met sitplek vir 6 geniet, of in die sitarea voor die TV ontspan.

Die leefarea lei na 'n onderdakbalkon met buite-eetarea en 'n uitsig oor die rivier. Parkeerplek is beskikbaar en troeteldiere is welkom indien dit vooraf gereël word.

Keimond spog met lieflike strande wat gedurende die spitsseisoen deur lewensredders beman word. Daar is ook 'n hele rits doendinge, soos diepsee-visvang, perdry, staproetes, voëlkyk, gholfspeel en nog meer.

Slaapplek

'n Bespreking by DeWetsRus sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Televisie

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na DeWetsRus gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 000 per nag (plek vir 10)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za