Die Boshuisie at Utopia Nature Resort

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Die Boshuisie is 'n privaat selfsorg-berghut met slaapplek vir 4 gaste (maksimum 6, volwassenes en kinders ingesluit) in Utopia Nature Resort naby aan Buffelspoort in Noordwes, ongeveer 100 km vanaf Pretoria.

Die hoofslaapkamer is op die boonste vloer en die oopplan-leefkamer en -kombuis is onder met 'n stapelbed en 'n dubbelslaapbank. Die berghut is toegerus met komberse en kussings, maar geen linne en kussingslope word voorsien nie.

Die stoof, yskas/vrieskas en geiser werk met die gas wat voorsien word. Die ligte werk met sonkrag. Die eenheid is goed toegerus om jou verblyf so genotvol as moontlik te maak. Op die agterstoep is 'n buitestort met warm en koue water. Gaste moet hul eie bed- en swemhanddoeke bring. Op die voorstoep is braaiplek waar gaste saans lekker kan ontspan en kuier. Gaste kan ook gebruik maak van die verskeidenheid bordspeletjies.

Utopia Nature Resort is weggesteek in die Magaliesberg Natuurreservaat en hier kan jy net ontspan en jou batterye herlaai. Daar is geen elektrisiteit nie om in te pas by die natuurlike omgewing. Dus is daar geen TV, geen harde radio's en musiek wat speel nie, geen waaiers, geen lugversorging en geen haardroërs nie. Die paaie is ideaal vir fietsry, draf en voëlkyk. Motorfietse en vierwielmotorfietse word nie toegelaat nie. Die spoedbeperking is 25 km/h.

Die Utopia Nature Resort is 'n gunsteling onder natuurliefhebbers wat sonder die onnodige luukshede wil wegbreek. Kom verken die 114 ha welige plantegroei en die Tonquanirivier. Daar is 5 aangeduide staproetes wat deur die wisselende landskap strek ... van die bos tot die rivier tot die berg.

Daar is meer as 150 geïdentifiseerde voëlspesies in die area. Al die klein wild, slange en skerpioene wat jy dalk om jou chalet en op die staproetes sal teëkom het die reg om te leef. Gaste besoek die Utopia Nature Resort en die Boshuisie op eie risiko. Troeteldiere word nie toegelaat nie. Gaste moet asb. goed voorberei en al die nodige proviand en hout saambring, want daar is nie 'n winkel by die oord nie.

By Utopia Nature Resort kan gaste kom afkoel in die swembaddens en die kinder-swembad. Verder is daar natuurlike rotspoele in die Tonquanirivier. Daar is braaiplek en aantrekkamers, 2 tennisbane (bring eie rakkette en balle), putt-putt-baan, speelplek vir kinders en 'n restaurant by die hoof-kompleks.

Utopia Nature Resort bied 24-uur sekuriteit en toegangsbeheer by die ingangshek.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Die Boshuisie At Utopia Nature Resort gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R965 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za