Die Kussinkie
Beskrywing
Die Kussinkie bied selfsorg-verblyin 'n stil woonbuurt genaamd Hospitaalheuwel, net 2 km van Beaufort-Wes se dorpskern af met veilige parkeerplek agter 'n heining. Beaufort-Wes lê in die hartjie van die Groot Karoo en is die ideale blyplek vir besoekers wat hierdie droë streek wil verken.
Die Kussinkie word nie deur waterbeperkings geaffekteer nie omdat daar 'n boorgat en watertenk is.
Daar is 2 eenhede met aparte ingange. Elke eenheid bestaan uit 'n slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n slaapbank, 'n leefarea en 'n badkamer met 'n stort. Elke eenheid is toegerus met lugversorging, 'n mikrogolf, yskas, ketel, koffie, tee, beskuit en DStv. Buitebraaigeriewe word voorsien en restaurante en eetplekke is beskikbaar in die dorpskern, sowat 2 km van Die Kussinkie af. Die Karoo Nasionale Park is minder as 30 minute se ry van ons af.
Beaufort-Wes is een van die min dorpies waardeur die N1 loop en is ook die oudste dorp in die Sentrale Karoo. Professor Chris Barnard, die bekende hartchirurg, word vereer in die plaaslike museum. Hy het grootgeword op die dorp en sy vader was 'n predikant by die Nederduits Gereformeerde Kerk. Besienswaardighede in die omgewing: donkiekartoere, die Karoo Nuweveld 4x4-Roete en Bergplaats Wildreservaat vir wildkyk, perdry en bergfietsry.
Kenmerke
- Afrikaans
- Braaiplek
- Veilige Parkering
- Gratis WiFi
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Tennis
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Geriewe
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Kaart Meer oor die omgewing
Gaste wat na Die Kussinkie gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:
Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za |
![]() ![]() |