Stanford Akkommodasie by Die Ruskamer Cottage at In the End | LekkeSlaap
+8

Die Ruskamer Cottage at In the End

Selfsorg
  • Vanaf R1 650 per nag (vir 4 persone)
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kortmarkstraat 42a, Stanford Suid, Stanford, 7210, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 13

Beskrywing

Die Ruskamer Cottage at In the End bied 'n vrystaande eenheid wat deel vorm van 'n landgoed met 'n hoofhuis, wingerd, boord en 'n tuin. Dit is deur die agri-toerisme- en slow food-beweging geïnspireer en is sentraal in Stanford geleë.

Dit beskik oor 2 slaapkamers en het slaapplek vir 4 gaste. Elke kamer het 'n koninggrootte-bed wat op versoek in 2 enkelbeddens omskep kan word en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Daar is ook oorgenoeg pakplek vir klere. Handdoeke, linne en toiletpapier word voorsien.

Daar is 'n oopplankombuis met alles wat gaste nodig sal kry vir sorgvrye selfsorgverblyf. Dit sluit 'n stoof, oond, yskas, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei in. Daar is 'n eetarea en 'n sitkamer met oorgenoeg sitplek en 'n kaggel.

Gaste het toegang tot gratis WiFi gedurende hulle verblyf.

Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar, maar dis nie onderdak nie.

Daar is honde op die perseel. Dit maak dit ideaal vir hondeliefhebbers, maar nie vir kinders tussen 2 en 12 jaar nie. Troeteldiere word dus nie toegelaat nie.

Die perseel word deur die eienaars, Paul en Loraine Bewsher en Karin Sfreddo, en natuurlik die honde gedeel.

Stanford is ideaal geleë tussen berg, rivier en see en is net 30 minute se ry vanaf Hermanus en Gansbaai. Daar is verskeie doendinge vir die avonturier of selfs die boekwurm wat net wil opkrul voor 'n vuurtjie.

Slaapplek

’n Bespreking by Die Ruskamer Cottage at In the End sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Rolstoelvriendelik
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Duits
  • Italiaans

Maaltye Aangebied

  • Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Kortmarkstraat 42a, Stanford Suid, Stanford, 7210, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 650
per nag (vir 4 persone)
Vanaf R1 650
per nag (vir 4 persone)
Vanaf R1 650
per nag (vir 4 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kortmarkstraat 42a, Stanford Suid, Stanford, 7210, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 13
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAYqvFTVeDUGg1YUjv5GbmWN0P2FU0UlpEPGhi7SibxgcS5lEHuf?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 650  per nag (vir 4 persone) 42a Kortmark Street Stanford South 7210 Wes-Kaap 086 999 0018 15:00-19:00 10:00 -34.440905555556 19.453005555556
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za