2 gaste
1 slaapkamer
1 bed
1 badkamer
- 2 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - 3 Baviaanskloof Road, Riverview Unit 51, Hout Bay, 7806, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
DK Villas 4 Riverview is 'n lieflike eenslaapkamerwoonstel in 'n lowergroen kompleks in Houtbaai in Kaapstad. Hierdie woonstel het ongekunstelde Franse dekor, luukse gemaklike meubels, helder en sonnige leefarea en 'n pragtige balkon wat deur 'n bougainvillea geraam word.
Die woonstel is geskik vir tot en met 2 gaste en het 'n slaapkamer, 'n badkamer en 'n ruim oopplan-kombuis en -leefarea wat lei na die balkon, die ideale plek om saans te ontspan of om in die oggend 'n koppie tee of koffie te geniet. Die kamer het 'n koningingrootte-bed met sagte Egiptiese katoenlinne. Die badkamer het 'n instapstort met 2 stortkoppe waarvan 1 'n handstort is, asook 'n haardroër, Egiptiese katoenhanddoeke en strandhanddoeke.
Die toegeruste kombuis het SMEG-geriewe, insluitend 'n oond en stoof, ketel, koffiemasjien, broodrooster, skottelgoedwasser, wasmasjien, tuimeldroër en 'n yskas-vrieskas. Daar is 'n toonbank waar gaste etes kan geniet en 'n stylvolle, gesofistikeerde en huislike sitkamer met 'n platskerm-TV met DStv. Daar is gratis WiFi.
Die kompleks het 'n gemeenskaplike plonspoel en daar is veilige parkeerplek.
Die kompleks is stapafstand van Houtbaai se strand en dié dorpie se winkels en bushaltes. Die pragtige en wêreldbekende Chapmanspiek is minder as 5 minute se ry weg.
Daar is talle restaurante in die omgewing en gaste kan by die spa langsaan gepamperlang word. Die verskeie kroeë in Houtbaai is daar vir enige iemand wat belangstel in die naglewe of gaste kan na Kaapstad se middestad of die Atlantiese kus ry.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.9/5
Johann Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 32
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- 3 Baviaanskloof Road, Riverview Unit 51, Hout Bay, 7806, Wes-Kaap
- Gaste dink DK Villas 4 Riverview het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
3 Baviaanskloof Road, Riverview Unit 51, Hout Bay, 7806, Wes-Kaap
Sien kaart- 2 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang