10% af Kry 10% af. Geldig vanaf 15 Jan 2020 tot 31 Mrt 2020.
Clarens Akkommodasie by Doloriet | LekkeSlaap
+22
+22

Doloriet

1 resensie
Selfsorg
  • Spesiale Aanbod - Kry 10% af
  • Vanaf R3 800 R3 420 per nag (vir 10 persone)
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Doloriet-plaas, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Doloriet is op ‘n plaas buite Clarens en bied gehalteverblyf aan ‘n gesin of groep vriende. Dis naby verskeie doendinge, trekpleisters, winkels en restaurante.

Dié dubbelverdiepinghuis beskik oor 3 kamers en het slaapplek vir 10. Daar is 2 kamers op die boonste verdieping en elke kamer het ‘n koningingrootte-bed en ‘n en suite-badkamer met ‘n stort, toilet en 'n wasbak. Die beddens het elektriese komberse.

Die sitkamer het gemaklike sitplek, ‘n TV met DStv, ‘n kaggel en lei na ‘n stoep met stoepmeubels.

Die derde kamer is op die onderste verdieping en het ‘n koninggrootte-bed wat op versoek in 2 enkelbeddens omskep kan word, asook ‘n sitarea met 2 enkelbeddens en ‘n dubbelbed.

Die kombuis op die onderste verdieping is toegerus met ‘n oond, stoof, yskas-vrieskas, mikrogolf, kaggel, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware. Daar is ook ‘n etenstafel met oorgenoeg sitplek.

Die onderste verdieping lei na ‘n stoep en ‘n groot tuin met ‘n panoramiese uitsig op die berge. Daar is braaigeriewe op die stoep.

Die huis word daagliks skoongemaak.

Daar is ‘n plaasdam vol forel en gaste kan hul visstokke saambring.

Ander doendinge op die plaas sluit voetslaan en bergfietsry in.

Slaapplek

’n Bespreking by Doloriet sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Area 1
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Fietsry

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 1 resensie vir Doloriet
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
3.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Doloriet-plaas, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Gaste dink Doloriet het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R3 800
Vanaf R3 420
per nag (vir 10 persone)
was R3 800
Vanaf R3 420
per nag (vir 10 persone)
was R3 800
Vanaf R3 420
per nag (vir 10 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Doloriet-plaas, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2Pcx0NAxXhDugPYU3mwjod9VT1elwNg5V033XOfCuBeAm9DNpy?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R3 800, nou Vanaf R3 420  per nag (vir 10 persone) 1 5 1 5 Doloriet Farm Clarens 9707 Vrystaat 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -28.543757892322 28.469528461055
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za