Dolphin Place
- Kapasiteit: 16 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Fiddlewoodweg 1A, Southport, 7230, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R3 320 per nag, vir 16 mense
Beskrywing
Dolphin Place is 'n strandfronthuis in Southport, Port Shepstone.
Dié huis het slaapplek vir 16 gaste en beskik oor 7 slaapkamers en 5 badkamers. Daar is 'n gemeenskaplike area met toegang tot die noordelike en suidelike vleuels. Elke vleuel het 3 slaapkamers. Die hoofslaapkamers het elkeen 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n bad en die ander 2 badkamers deel 'n badkamer met 'n stort en 'n bad.
Daar is 'n aparte woonstel op die grondverdieping wat slaapplek vir 4 gaste in 2 oopplan-slaapareas het. Die woonstel het 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n dubbelwasbak. Daar is 'n kombuisie met 'n mikrogolfoond, ketel en broodrooster, en 'n sitarea met 'n TV en DStv.
Die hoof-eenheid se tweede verdieping het 'n oopplan-kroegarea en -sitarea met 'n platskerm-TV, moderne klanksisteem en volle DStv.
Die hoof-eenheid se eerste verdieping se eetarea het sitplek vir 16 en die kombuis is volledig toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei, wasmasjien en 'n tuimeldroër. Groot voudeure lei van die eetarea na 'n lieflike onderdak-veranda wat 'n uitsig oor die strand bied en trappe het wat na die grondverdieping en tuinarea lei.
Die tuin is heeltemal omhein en het 'n swembad, braai-area en 'n buitestort. Die tuin het 'n hek wat na 'n paadjie na die strand lei.
Alle linne, badhanddoeke en strandhanddoeke, asook komplimentêre toiletware, melk, tee en koffie word met aankoms voorsien.
Die eiendom het 'n moderne sekuriteitstelsel wat strale, kameras, 'n alarmstelsel en veilige parkeerplek insluit.
Let asb. dat geraas of harde musiek nie geduld word in hierdie woonbuurt nie.
Slaapplek
’n Bespreking by Dolphin Place sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
Konferensiegeriewe
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Ligging
- Fiddlewoodweg 1A, Southport, 7230, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Southport Port Shepstone Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 16 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Fiddlewoodweg 1A, Southport, 7230, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom