LekkeSlaap
Maak jou ervaring
lekke met ons app
KRY APP
+27
Selfsorg in Port Shepstone

Dolphin Place

12 gaste

6 slaapkamers

8 beddens

4 badkamers

33% AF!
Weeksdagaanbod
Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 24 Aug 2026 tot 27 Nov 2026.
  • Slaapplek vir 12 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • 1A Fiddlewood Road, Southport, 7230, KwaZulu-Natal Sien kaart

Beskrywing

Dolphin Place is 'n strandfronthuis wat in die kusdorpie Southport in Port Shepstone geleë is. Hierdie strandhuis bied rustigheid tussen die ongerepte natuur en is net 'n entjie vanaf die strand. Hierdie strandhuis het slaapplek vir 16 gaste en is ideaal vir groot gesinne of 'n groepwegbreek.

Dié dubbelverdiepinghuis beskik oor 'n oopplan-kombuis en -eetarea met 2 vleuels wat elk 3 slaapkamers en 2 badkamers het. Vier van die slaapkamers het elk 'n koningingrootte-bed en 'n suite-badkamer met 'n stort. Die ander 2 slaapkamers het elk 2 stapelbeddens en gaste deel 2 badkamers wat elk 'n bad en 'n stort het.

Die tweede verdieping het 'n oopplan-leefarea met 'n asemrowende see-uitsig.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei, breekware, wasmasjien en 'n tuimeldroër toegerus.

Gratis WiFi is beskikbaar en daar is 'n slim-TV.

Die dek spog met 'n uitsig oor die welige omgewing en see. Die eetarea se groot stapeldeure lei na 'n lieflike onderdakstoep met 'n uitsig oor die strand en trappe lei na die grondverdieping en 'n tuinarea.

Die tuin is omhein, daar is 'n swembad, braai-area en 'n buitestort. Die tuinhekkie lei na 'n paadjie wat na die strand lei.

Dolphin Place is troeteldiervriendelik en het veilige parkeerplek. Die verblyf het 'n moderne sekuriteitstelsels, insluitend laserstraalsekuriteit, kameras en alarms.


Kamer-opset

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

4

2 x Stapelbed

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

4

2 x Stapelbed

Badkamer

Bad, Stort, Toilet

Badkamer

Bad, Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Troeteldiere op versoek
TV
Volledige kombuis
Braai

Ligging

  • 1A Fiddlewood Road, Southport, 7230, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 940
33 % AF
R2 940 R1 960
per nag (plek vir 12)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf R2 940
33 % AF
R2 940 R1 960
per nag (plek vir 12)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf R2 940
33 % AF
R2 940 R1 960
per nag (plek vir 12)
Bespreek

1A Fiddlewood Road, Southport, 7230, KwaZulu-Natal

Sien kaart
  • Slaapplek vir 12 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc68620cfd17de5569f16881f05628bf5edf42c471919778944afa8c89a55310d45477bae9ef8dcfc610044d88d1b2cc2b478?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R2 940 nouVanaf R1 960 per nag (plek vir 12) 1A Fiddlewood Road Southport 7230 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -30.678176852227 30.507228842922

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang