Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Domus Tempus Kothuis en Boskamp

Selfsorg
Weeksdagaanbod 35% af

Kry 35% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 29 Apr 2024 tot 2 Sep 2024.

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Premium-straat 11, Broederstroom Drift, Tzaneen, 0850, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 599 R1 039 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Domus Tempus is 10 km buite Tzaneen op die R71 op pad na Letsitele geleë. Dit het 'n bekoorlike selfsorghuis omring deur ou mangobome, lietsjies en natuurlike velde met boskampies tussenin, net ver genoeg uit mekaar om jou jou privaatheid en waardering vir die natuur te gun - perfek vir gaste wat op soek is na 'n ontsnapping uit die gewoel van die stadslewe.

Dié sonkrag-aangedrewe eiendom het slaapplek vir tot 20 gaste en spog met 'n kothuis en 'n paar boskampe.
Die Kothuis het 2 slaapkamers, 2 badkamers, en gaste deel 'n buitetoilet en buitestort met die Boskampe. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, terwyl die tweede slaapkamer ook 'n dubbelbed het en gaste in hierdie kamer kan die tweede badkamer gebruik wat 'n bad en 'n stort het. Daar is 'n dubbelslaapbank in die tweede slaapkamer vir 2 gaste en dit moet vooraf gereël word. Daar is ook 'n dubbelslaapbank in die leefarea. Beide slaapkamers het kasruimte en plafonwaaiers.

Die leefarea van die huis het 'n kombuis wat met 'n gasstoof, oond, yskas, eetgerei en breekware toegerus is. Die oopplan-sitarea en -eetarea bied oorgenoeg sitplek vir gaste om te eet en te ontspan, asook 'n binnenshuise kaggel vir kouer aande. Gaste kan ook gratis WiFi en 'n verskeidenheid leesboeke geniet. Buite is daar 'n pragtige tuin en braaigeriewe. Vir ekstra gemoedsrus is daar 'n alarmstelsel, kameras, elektriese heining en veilige parkeerplek op die perseel.

Die perseel bied ook 2 basiese kampplekke en gaste in hierdie areas deel die buitetoilet en -stort met gaste in die hoofkothuis. Gaste moet hul eie kamptoerusting saambring.

Gaste kan die omliggende area te voet of per fiets verken en voëlkyk en wildkyk by die watergate en damme. Die huis is gerieflik geleë op pad na die Kruger Wildtuin, en is sowat 24 km vanaf die Agatha Krokodilplaas en 8,8 km vanaf die Tzaneen Leeu- en Roofdierpark.

Daar is landbou en veebou in die omgewing, hou asb. in gedagte dat gaste dalk dieregeluide, implemente en ander stemme kan hoor. Dis wel oor die algemeen baie stil.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Braaiplek
  • Portier
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Tee

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Forex
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 4 resensies vir Domus Tempus Kothuis en Boskamp
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Izan Nuut op LekkeSlaap!

Eiendomme 1

Resensies 4

Maande gelys 12

Ligging

  • Premium-straat 11, Broederstroom Drift, Tzaneen, 0850, Limpopo
  • Gaste dink Domus Tempus Kothuis en Boskamp het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 599
R1 599 R1 039
per nag, vir 2 mense
Vanaf R1 599
R1 599 R1 039
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Premium-straat 11, Broederstroom Drift, Tzaneen, 0850, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8f29d1339047dd8f884754d0faecbb2071e0ce09db76eb3672261428cb8ad70f85807ac6608a366c708f548bf1ea266b1031?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 599 nouVanaf R1 039 per nag, vir 2 mense 4 5 1 5 11 Premium Road Broederstroom Drift 0850 Limpopo 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -23.774465634071 30.21811182098
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem