Dream Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Dream Lodge skuil op 'n prentjiemooi plaas sowat 20 km vanaf Magaliesburg. Magaliesburg is in die platteland geleë en ideaal vir 'n ontspannende naweekwegbreek en opwindende doendinge.

Dié lodge bied 'n rustige en romantiese toevlugsoord vir paartjies in 2 losstaande klipkothuise. Die plaas bevorder volhoubaarheid en elke kothuis maak nie van Eskom se krag gebruik nie. Beide kothuise het kaggels en sonkrag-geisers. Kerse word in elke huisie aangesteek om 'n romantiese atmosfeer te skep.

Ontbyt en aandete is by die tarief ingesluit en kan by die kothuis bedien word op 'n tyd wat gaste verkies.

Die plaas en omliggende area bied verskeie doendinge soos voëlkyk, staproetes, spa-behandelings, en grot-toere.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Dream Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 800 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za