16 gaste
2 slaapkamers
3 beds
1 badkamer
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- 16 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Soos Gesien op Facebook
- Drecaso Farm, Boesmansrivier Road, 12 km from Bonnievale, 6730, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Drecaso Self-Catering Chalets is op die pad na McGregor, tussen Robertson en Bonnievale. Dis die ideale bestemming vir 'n gesinsnaweek of sake-dinkskrum. Die onoortreflike uitsigte oor die vallei se wingerde en boorde met die Langeberge in die verte is voorwaar iets om te aanskou. Die nabyheid aan wêreldklas wynlandgoedere is net nog 'n ekstra bonus.
Die verblyf skuil teen 'n helling wat noord front en bestaan uit 4 pragtig ingerigte, verhewe chalets en 'n sentrale klubhuis wat oor die swembad uitkyk. Die halwe akker welige groen grasperk bied oorgenoeg plek vir kinders om te baljaar.
Elke chalet het 2 slaapkamers met lugversorging, 'n badkamer, kombuisie en balkon. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede kamer het 2 driekwartbeddens. Beddegoed en handdoeke word voorsien. Albei slaapkamers lei na die badkamer waar daar 'n stort, toilet en wasbak is. Die kombuisie is toegerus met 'n yskassie, mikrogolf, ketel, broodrooster, tweeplaatstoof, eetgerei en breekware. Draagbare braaigeriewe is op versoek beskikbaar.
Die klubhuis bied 'n swembad en 'n vollengte stoep wat oor die vallei uitkyk. Verder is daar 'n binnebraai, braaigeriewe op die stoep, 'n pizza-oond buite, en 'n volledige kroeg waar gaste sekere DStv-kanale kan kyk. Al die gaste op die plaas het toegang tot die klubhuisgeriewe. Diegene wat in privaatheid wil ontspan kan eenvoudig terugsit in hul eie chalets en die stilte geniet.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Sherri Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 9
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Drecaso Farm, Boesmansrivier Road, 12 km from Bonnievale, 6730, Wes-Kaap
- Gaste dink Drecaso Self-Catering Chalets het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
Drecaso Farm, Boesmansrivier Road, 12 km from Bonnievale, 6730, Wes-Kaap
Sien kaart- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- 16 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Soos Gesien op Facebook
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang