- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Aquila-laan 260, Waterkloof Ridge, Pretoria, 0181, Gauteng
- Vanaf R1 160 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Du Barry Guest House is 'n rustige en gesellige grasdak-gastehuis wat sentraal in Waterkloofrand in Pretoria geleë is. Die gastehuis het maklike toegang tot die N1-hoofweg en die omliggende voorstede, soos Waterkloof Hoogte, Erasmuskloof, Groenkloof, Waterkloof en Newlands.
Die kamers is 'n entjie uit mekaar uit in dié groot huis en jy sal nie eers weet van die ander gaste nie. Elke kamer het genoeg beddegoed vir koeler dae, 'n verwarmer, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n haardroër. Al die kamers het uitsigte oor die tuin en aan die einde van die dag kan jy ontspan op die patio terwyl jy oor die swembad uitkyk en die sonsondergang bewonder.
Die geriewe by die gastehuis sal in al jou behoeftes voorsien en jou tuis laat voel na 'n besige dag van besienswaardighede verken of sake afhandel. Ontbyt word in die eetkamer voorgesit en daar is 'n gemeenskaplike sitarea waar jy saam met ander gaste kan kuier. Gesonde, tuisgemaakte en smullekker ontbyte word volgens jou tyd- en smaakvoorkeure voorgesit.
Die lowerryke tuin is 'n mekka vir fotograwe en voëlliefhebbers met verskeie versteekte hoekies om in te sit en ontspan en jou te verlustig in die natuurgeluide of 'n goeie boek te lees. Gaste kan afkoel in die lieflike swembad en selfs 'n tipiese Suid-Afrikaanse braai geniet.
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
San-Marie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 14
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Aquila-laan 260, Waterkloof Ridge, Pretoria, 0181, Gauteng
- Gaste dink Du Barry Guest House het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Waterkloof Ridge Pretoria Gauteng
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Aquila-laan 260, Waterkloof Ridge, Pretoria, 0181, Gauteng