Dumela Flat 21
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: H/v Manaba-kusweg en Marine-rylaan 1, Manaba, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
- Vanaf R900 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Dumela Flat 12 is in die Dumela Vakansieoord in Margate aan die wonderskone Hibiskus-kus geleë. Die streek is veral bekend vir sy vriendelike mense. Dumela Holiday Resort is een van die beste gesinsgeoriënteerde oorde aan die Natalse Kus. Ons het verskeie geriewe op die perseel. Dit sluit in 'n patio wat oor die goue strand van Margate uitkyk, wat ekstra veilig is met haainette en waar jy in die warm Indiese Oseaan kan baljaar. Die patio het 'n swembad, 'n plonspoel vir die jongspan, 'n kuierarea en braaiplekke.
Die woonstel is op die eerste vloer geleë en dit beskik oor 'n balkon met skilderagtige uitsigte. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 1 stapelbed en 1 driekwartbed. Daar is 'n tweede gedeelde badkamer. Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en daar is ook 'n eetkamerarea met stoele vir 4 gaste. Die woonstel beskik oor 'n sitkamerarea waar gaste kan ontspan en TV kan kyk op die platskerm-TV.
Hope pret wag op jou met al die geriewe wat ons op die perseel het! Buiten die swembad is daar ook 'n sauna, 'n gimnasium, 'n sonbed, 'n klein tennisbaan, 'n speelarea met 'n trampolien, 'n vermaakkamer met 'n pooltafel, 'n veerpyltjiebord en tafeltennis. Daar is 6 pragtige gholfbane binne 'n halfuur se ry en nog vele meer 1 uur se ry van ons af. Daar is 'n Spar-supermark, 'n drankwinkel en 'n apteek stapafstand van ons af.
Kamer-opset
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.4/5
Nobomi Geverifieer
Eiendomme 49
Resensies 140
Op LekkeSlaap 15 jaar
Ligging
- H/v Manaba-kusweg en Marine-rylaan 1, Manaba, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Dumela Flat 21 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Manaba Beach Margate Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: H/v Manaba-kusweg en Marine-rylaan 1, Manaba, Margate, 4275, KwaZulu-Natal