Dundonald Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Dundonald Lodge bied gerieflike selfsorgverblyf vir 4 volwassenes en 2 kinders op die meeste in 'n drieslaapkamer-tuinkothuis met 'n lieflike uitsig oor Port Elizabeth se boomryke Bakensvallei. Trappe lei vanaf die perseel se parkeerplek na 'n lieflike veranda wat ideaal vir skemerkelkies is.

Dié tuinkothuis het 'n oopplan-leefarea met groot vensters en 'n kombuis wat volledig toegerus is. Daar is ook 'n ingang aan die kothuis se agterkant met 'n oprit, ideaal vir 'n stootwaentjie en rolstoel. Die kothuis beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is aan die voorkant en het 'n koningingrootte-bed, 'n ingeboude kas en 'n uitsig op die stoep. Die middelste slaapkamer het 2 enkelbeddens en die agterste slaapkamer het 'n enkelbed. Daar is ook 'n solderarea waar die sesde gas kan slaap. Die eerste badkamer het 'n wasbak, bad, en toilet, en die tweede badkamer het 'n stort, wasbak en toilet.

Die kombuis is toegerus met 'n elektriese oond, gasstoof, skottelgoedwasser, mikrogolfoond en dubbeldeuryskas-vrieskas. Daar is 'n wasmasjien op die agterstoep en daar is 'n groot kombuistoonbank met stoele. Die agterdek het ook 'n tafel.

Indien beskikbaar is die water reënwater wat 3 keer gefiltreer word, indien nie is dit munisipale water. Gebruik dit asb. spaarsamig aangesien Port Elizabeth onder 'n droogte gebuk gaan. Daar is voorraad in geval van droogte. Die gas-geiser maak die water vinnig warm. Die kothuis het linne, handdoeke en basiese kruie en speserye, asook 'n verwelkomingspakkie met tee, koffie, suiker en langlewe-melk. Daar is parkeerplek vir 1 voertuig op die perseel beskikbaar en daar is ook 'n lapa met braaigeriewe in die tuin.

Die kothuis is ook net 2 km vanaf Checkers, Pick n Pay, Wimpy, ABSA-, Standardbank-, Nedbank- en Eerste Nasionale Bank-OTM's, asook vis-, Meksikaanse, luukse braai- en Italiaanse restaurante, koffiewinkels en deli's.

Slaapplek

'n Bespreking by Dundonald Lodge sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Verekombers
  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Dundonald Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 100 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za