Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Dwarslêbos

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Rocherpanstraat 21, Dwarskersbos, Velddrif, 7365, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 400 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

Dwarslêbos in Dwarskersbos in die Weskus is net 150 km van Kaapstad af en bied gehalteverblyf vir 'n gesin of 'n groep vriende. Dit is naby verskeie winkels, restaurante, die strand, doendinge en besienswaardighede.

Dié dubbelverdiepinghuis beskik oor 2 slaapkamers en het slaapplek vir 4 gaste. Die hoofslaapkamer is op die eerste verdieping en het 'n koningingrootte-bed, 'n instapkas, en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die hoofslaapkamer bied toegang tot 'n balkon met 'n see-uitsig. Die tweede slaapkamer is op die grondverdieping en het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, toilet en 'n wasbak. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.

Die kombuis is met 'n vierplaatgasstoof, George Foreman-braaipan, yskas-vrieskas, broodrooster, mikrogolf, tee- en koffiemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus. Daar is ook 'n wasmasjien en strykgeriewe. Basiese skoonmaakprodukte word voorsien.

Die sitarea het 'n gemaklike rusbank, 2 stoele, 2 enkelbeddens en 'n TV met DStv-kanale, WiFi, Netflix en 'n radio.

Op die toe stoep is 'n binnebraai en eetkamertafel met sitplek vir 6 gaste, sowel asook gemakstoele. Daar is oopskuifdeure na die tuin vanaf die stoep wat 'n see-uitsig het. Buitebraaigeriewe is ook beskikbaar.

Die strand is 75 m van die voordeur af. Daar is 2 onderdakparkeerplekke.

Gaste kan die see-uitsig vanaf die stoep, leefarea, kombuis en boonste slaapkamer geniet.

Veilige parkeerplek is beskikbaar op die perseel.

Let asb. dat tariewe per persoon is en slegs die aantal mense waarvoor daar bespreek is mag op die perseel bly.

Slaapplek

’n Bespreking by Dwarslêbos sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Internet
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Elektriese kombers
  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Tv

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 52 resensies vir Dwarslêbos
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • Rocherpanstraat 21, Dwarskersbos, Velddrif, 7365, Wes-Kaap
  • Gaste dink Dwarslêbos het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 400
per nag, vir 4 mense
Vanaf
Vanaf R2 400
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Rocherpanstraat 21, Dwarskersbos, Velddrif, 7365, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAba4f53b7c81a8ee463401c02a8fa18fe7f47ec3f36e35b7996afa6c6c5d7ae54a4149ddb9d5ac0c4a77fedfacf5c27678e5d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 400 per nag, vir 4 mense 52 5 1 5 21 Rocherpan Street Dwarskersbos 7365 Wes-Kaap 021 201 8901 12:00-19:00 12:00 -32.681548415391 18.245513346067