Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Eagle View 1

  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R540, Beaumont-plaas, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 000 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Eagle View 1 is 'n luukse houthuisie bo-op 'n berg met 'n panoramiese uitsig oor die skilderagtige vallei. Dit is die perfekte, afgeleë wegkruipplek vir paartjies wat op soek is na 'n romantiese wegbreek, 'n wittebrood op die berg, 'n huweliksherdenking of vir iemand wat net van die stadsgeraas wil wegbreek.

Die huis skuil op die Beaumont-plaas op die Steenkampbergreeks en die plaas grens aan die Walkerson's Privaat Landgoed, net 9 km vanaf Dullstroom.

Die smaakvol versierde oopplan-huis het 'n leefarea met 'n koninggrootte-bed met luukse, wit linne, 'n badkamer met 'n binne- en buitestort, 'n sitarea met 'n slaapbank en 'n eethoekie, 'n kombuisie en 'n boma met braaigeriewe. Die kombuisie is met 'n yskas, oond en 'n stoof toegerus. Buite is daar 'n houtvuurwarmbad met 'n pragtige uitsig.

Die natuurlike klipmure, houtafwerkings en stylvolle dekor komplementeer die natuurlike omgewing en landskap wat die huis omring. Gaste sal saam met 'n ongelooflike sonsopkoms wakker word, op mistige dae snoesig opkrul soos die wolke die area omvou, of sommer net met 'n skemerkelkie op die houtdek die sonsondergang sit en bewonder. Die huis se voorkant bestaan uit glasstapeldeure wat oopvou, 'n pragtige uitsig oor die landskap bied en 'n vars berglugbriesie inlaat.

Die huis is noukeurig ontwerp om die impak op die omgewing so min moontlik te hou. Die huis is ook onafhanklik van die plaaslike kragnetwerk en gebruik natuurlike waterbronne en kragopwekkers wat met batterye en gas werk. Daar is 'n gasverwarmer en redelike selfoonsein.

Eagle View-houthuisies is op 'n afstand op Beumont-plaas, hoog op bergterrein geleë en kan met 'n 4x4-voertuig of privaat helikopter bereik word. Die pad vanaf die Beumont Plaas-ingangshek na die huis is slegs toeganklik met 4x4-voertuie met 'n hoë grondvryhoogte. Gaste kan op versoek teen 'n ekstra koste na die verblyf vervoer word.

Slaapplek

’n Bespreking by Eagle View 1 sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Jacuzzi
Braaiplek

Geriewe

  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Forelhengel
  • Wynproe
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Badkamer

  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Eetkamer
  • Klein kombuis
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Oond
  • Stoof

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 20 resensies vir Eagle View 1
Netheid
4.9/5
Diens
4.8/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.8/5

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.8/5

Audrey Geverifieer

Eiendomme 7

Resensies 49

Jaar gelys 3

Ligging

  • Langs die R540, Beaumont-plaas, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Gaste dink Eagle View 1 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R3 000
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R3 000
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R540, Beaumont-plaas, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA53bfb3bded5e68081b8056b04b6dc5f482207228299338fbe6ed2f5ab353fa0054df9953fc7c454b5baf99819d68a3e7fc0e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 000 per nag (plek vir 2) 20 5 1 5 Off the R540 Beaumont Farm 1110 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -25.390409846253 30.172531495701
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem