Eagle's Rest Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Eagle's Rest Cottage is die ideale wegbreekplek vir natuurliefhebbers. Dis in 'n bewarea en groenstrook geleë en bied 'n eenvoudige en huislike tuiste wat oor die Gonubierivier-vallei kyk. Die losstaande selfsorg-grasdakkothuis is in 'n rustige area naby die rivieroewer en 'n kort entjie se ry vanaf Gonubie se pragtige strande.

Dit word omring deur inheemse bome en bosse en daar is 'n groot verskeidenheid kreature en 'n ryk voëllewe in die omgewing. Gaste kan wakker word met die gesang van voëls soos visarende, Egiptiese ganse, gekroonde neushoringvoëls, gewone boskraaie, visvangers of Knysnaloeries. Gaste word omring deur natuur en deel die kothuis met moedswillige gekko's.

Die kothuis is volledig ingerig en het 2 slaapkamers. Elke slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer. Die een badkamer het 'n stort en die ander een het 'n bad. Die kamers bied slaapplek aan 4 gaste en daar is 'n enkelslaapbank in die sitkamer vir 'n ekstra gas. Die kothuis het 'n oopplan-kombuisie en -sitkamer met 'n houtdek waar gaste skemerkelkies kan geniet of die pragtige uitsig aanskou terwyl hulle ontspan. Daar is 'n draagbare braai en veilige parkeerplek op die perseel.

Let asb. dat daar trappe na die eenheid is en dit daarom nie geskik mag wees vir bejaardes, gaste met gestremdhede of gaste in rolstoele nie.

Slaapplek

'n Bespreking by Eagle's Rest Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelslaapbank

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Etes Op Versoek

Vermaak

  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Eagle's Rest Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R850 per nag (vir 5 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za