Ebony House - Mjejane Game Reserve
- Kapasiteit: 8 mense
- Geen kinders onder 6
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mjejane Bush Camp-weg 93, Mjejane Wildreservaat, Hectorspruit, 1330, Mpumalanga
- Vanaf R5 200 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Ebony House is 'n selfsorg-lodge met slaapplek vir 8 gaste in die Mjejane Big 5-Wildreservaat. Die wildreservaat is op die oewer van die Krokodilrivier aan die suidekant van die bekende Krugerwildtuin. Dit is die ideale safari-wegbreek vir 'n gesin of groep vriende.
Die lodge het 4 slaapkamers met lugversorging, 3 en suite-badkamers, 1 gesinsbadkamer, 'n toegeruste kombuis, 'n eetarea met 'n kaggel en 'n sitkamer met 'n TV wat Netflix en DStv Now het.
Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed, die tweede en derde slaapkamers het elk 'n koningingrootte-bed en die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die en suite-badkamer in die hoofslaapkamer het 'n binne- en buitestort, asook 'n vrystaande bad, 2 wasbakke en 'n toilet. Die tweede en derde slaapkamers se badkamers het elk 'n stort, toilet en 'n wasbak. Daar is 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak in die aparte gastebadkamer.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus. WiFi, 'n onthaalarea met 'n onderdakpatio, 'n plonspoel, dek, en ingeboude braaigeriewe is beskikbaar.
Die wildreservaat strek oor ongeveer 4000 hektaar langs die Krokodilrivier en bied 'n groot netwerk van privaat wildritpaaie vir diegene wat die selfrit-opsie geniet. Beide die Malelane- en Krokodilbrughekke in die Krugerwildtuin is 30 km van die lodge af. Let net day daar 'n spoedbeperking van 40 km per uur is en dat daar verskeie spoedkameras is. Binne die reservaat is 'n klein winkel waar gaste hout, ys, verversings, versnapperings, bier en wyn kan koop. Let asb. dat wildritte vooraf gereël moet word en aan beskikbaarheid onderworpe is.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Verekombers
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Jared Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 15
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Mjejane Bush Camp-weg 93, Mjejane Wildreservaat, Hectorspruit, 1330, Mpumalanga
- Gaste dink Ebony House - Mjejane Game Reserve het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Mjejane Game Reserve Mpumalanga
- Kapasiteit: 8 mense
- Geen kinders onder 6
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mjejane Bush Camp-weg 93, Mjejane Wildreservaat, Hectorspruit, 1330, Mpumalanga