Eco Eden Bush Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 30 % af

Kry 30% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

Die elegante Eco-Eden Bush Lodge bied 'n ongeëwenaarde, omgewingsvriendelike ervaring in Afrika met boma-aande, tradisionele kos, sterrekyk en ontspanning. Word wakker in jou luukse kamer met die gekwetter en gesing van voëls en die koedoes, bosbokke en rooiduikers wat kom kuier.

Omdat ons onderneming voëlkyk-vriendelik is met 'n ryk verskeidenheid voëllewe, word ons kamers heel gepas na ons geveerde vriende vernoem. Alle kamers word daagliks skoongemaak en is toegerus met standaard tee- en koffiemaakgeriewe, luukse koningingrootte-beddens, gehalte-linne, handdoeke, platskerm-TV's met OpenView-kanale en 'n volledige kroegie. Elke kamer bied 'n unieke uitsig oor die eindelose bosveldlandskap of tuine. Die asemrowende Swallow Suite bied 'n koninggrootte-bed met sylinne, spa-bad, groot stort, privaat balkon, genoeg spieëls en Persiese tapyte. By Eco Eden bederf ons wittebroodpaartjies met alles wat hulle begeer van 'n laat ontbyt in die bed tot 'n romantiese maanligete om die kampvuur. Ons bied ook 5 addisionele luukse kamers, waarvan 1 'n gesinskamer met slaapgeriewe vir tot 4 persone is.

Ander geriewe sluit in die swembad, goed toegeruste konferensiegeriewe, en vriendelike diens deur ons personeel.

Eco Eden Bush Lodge is naby die Krokodilrivier se berg-bewarea geleë net buite Nelspruit. Ons kan ook gaste bystaan om dagtoere na die wildtuin en Panorama-roete te reël. Kies uit 'n verskeidenheid aktiwiteite op die perseel soos stap, voetslaan, bergfietsry, sterrekyk, fotografie, skilder en voëlkyk. (Ons is deel van die Mpumalanga-voëlkykroete). Verskeie alternatiewe doendinge kan in die omliggende gebied gereël word, van opwindende oopvoertuig-ritte, vierwielmotorfietsry, riviervlotvaart tot kulturele toere en wildritte.

Daar is 'n 9,4 km grondpad wat na Eco Eden Bush Lodge lei.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands
  •  Duits
  •  Zoeloe
  •  Xhosa

Konferensiegeriewe

  •  Dataprojektor
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Skootrekenaar-projektor
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 50 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Eco Eden Bush Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 500 R1 050 per nag (plek vir 2)

Kry 30% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za