Eden@Marloth

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 15 % af

Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 25 Mrt 2019 tot 30 Nov 2019.

Beskrywing

Eden@Marloth bied selfsorgverblyfopsies in Marloth Park in Mpumalanga, naby die Krugerwildtuin.

Elke woonstel bied ideaalgesproke slaapplek aan 2 volwassenes en 2 kinders en is toegerus met al die nodige geriewe. Dit beskik oor 'n dubbelbed en 'n solderkamer met 2 enkelbeddens. Hierdie kamers deel 'n badkamer met 'n stort en 'n toilet. Daar is ook 'n kombuisie wat met 'n yskas, mikrogolf en warmplaat toegerus is, asook 'n klein leefarea met 'n TV en DStv Premium. Beddegoed word voorsien, en 'n kampkot is op versoek beskikbaar. Ander geriewe sluit lugversorging en braaigeriewe in.

Eden@Marloth is die perfekte wegbreek vir jonk en oud, hoewel dit ten sterkste afgeraai word dat volwassenes op die solder slaap. Die solder is baie klein en word met 'n leer bereik. Kinders geniet dit om hier te slaap, maar volwassenes sal beslis ongemaklik wees met die leer en die beperkte spasie. Alhoewel elke woonstel plek het vir 4 gaste, raai ons aan dat dit vir 2 volwassenes en 2 kinders is.

Marloth Park is 'n 3000 hektaar-wildbewarea en vakansiedorp aan die suidelike grens van die Krugerwildtuin tussen Mamelane en Komatipoort in Mpumalanga. Dit is 'n gewilde rusplek vir toeriste wat na die Krugerwildtuin, Swaziland en Mosambiek reis en bied die kans om die bekende Groot 5 te sien.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildkyk

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Eden@Marloth gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R500 R425 per nag (plek vir 4)

Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 25 Mrt 2019 tot 30 Nov 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za