Eden Sands 58
Kry 20% af op alle besprekings wat 3 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Geldig vanaf 17 Jan 2021 tot 31 Jan 2021.
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Middletonlaan 42, Eden Sands 58, Winkelspruit, 4126, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R980R784 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Eden Sands 58 is 'n lieflike grondvloereenheid in 'n veilige sekuriteitskompleks in Winklespruit, Kingsburgh. Die eenheid het 'n see-uitsig, direkte toegang tot die strand en is gerieflik naby verskeie winkelsenstrums. Galleria Mall is 11 km vanaf Winklespruit. Alhoewel die eenheid op die onderste verdieping is, is daar wel 'n stel trappe vanaf die onderdakparkeerplek en is dus nie rolstolvriendelik nie.
Die woonstel beskik oor 2 slaapkamers met slaapplek vir 4 volwassenes en 2 kinders. Die hoofslaapkamer het koninginggrootte-bed en die tweede kamer het 'n dubbelbed en stapelbed. Die gedeelde badkamer het 'n stort, wasbak, toilet en wasmasjien. Daar is ook 'n kombuis wat volledig toegerus is, 'n oopplan-leefarea met 'n TV en DStv.
Die eenheid het basiese skoonmaakdienste behalwe op Saterdae, Sondae en openbare vakansiedae. Daar is ook veilige onderdakparkeerplek vir 1 voertuig, gemeenskaplike braaigeriewe, 'n swembad en 'n netjiese tuin. 'n Klein braairooster is beskikbaar om ook voor op grasperk te gebruik.
Gaste moet asseblief swem en badhanddoeke, 'n braairooster (indien verkies om eie te gebruik), toiletware en kruideniersware saambring.
Geen troeteldiere of rook word in die woonstel toegelaat nie.
Slaapplek
’n Bespreking by Eden Sands 58 sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Wasgoeddiens
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Middletonlaan 42, Eden Sands 58, Winkelspruit, 4126, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Eden Sands 58 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Warner Beach Amanzimtoti Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Middletonlaan 42, Eden Sands 58, Winkelspruit, 4126, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom