Edenwood Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Edenwood is 'n luukse 4-ster-gastehuis, met selfsorgkothuise langsaan. Ons bied luukse verblyf aan die oordeelkundige reisiger in 'n stil deel van die Tuinroete in Eden in George. Ons verblyf bied ononderbroke uitsigte oor die bos en berge.

Die gastehuis het 3 pragtige en suite-slaapkamers, elk met unieke versiering en styl. Die gesinskamer bied 'n keuse tussen B&B of selfsorg. Die 3 gastesitkamers lei na 'n ruim patio in 'n pragtige tuin met 'n soutwaterswembad en uitsigte oor die natuurreservaat met sy 'n ryk voëllewe.

Langsaan is 2 selfsorgkothuise. Die eerste kothuis het 1 slaapkamer. Die tweede het 3 slaapkamers, 2 en suite-badkamers en 'n derde, volledige badkamer. Albei eenhede het volledige toegeruste kombuise met sitareas. Ons verblyf streef hoë standaarde na en bied 'n veilige, rustige basis vanwaar gaste die Tuinroete kan verken.

Al die kamers het TV's met DStv en al die nodige geriewe om gaste tuis te laat voel. Gesinne is welkom (bababed is beskikbaar) en 'n volledige ontbyt word daagliks voorgesit in die hoofgastehuis vir gaste wat B&B óf selfsorg bespreek het. Aandete is op versoek beskikbaar. Ons bied ook 'n wasgoeddiens en al die eenhede word daagliks skoongemaak.

Dawn en Stan is reeds meer as 24 jaar in die bedryf en heet gaste graag welkom in hul "Tuin van Eden". Hulle help graag uit met besprekings vir restaurante of gholfspeel, of inligting oor omliggende omgewing.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Portier
  •  Gastesitkamer
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Xhosa

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Edenwood Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 200 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za