Ekukhanyeni Self-Catering Farm House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Ekukhanyeni Self-Catering Farm House word besit deur Errol en Elmarie en is slegs 15 minute se ry van Pietermaritzburg se middestad af. Dit is die ideale oornagplek vir gaste op pad na die Ooskus of op soek is na 'n naweek-wegbreek, of groot sportgeleenthede wil bywoon.

Die huis het 7 slaapkamers en 3 aparte badkamers wat apart bespreek word. Daar is 'n ruim sitkamer wat baie son kry, 'n veranda, en 'n volledig toegeruste kombuis, eetkamer en spens. Daar is ook 6 kampplekke.

Die bekoorlike tuiste is in 1910 gebou en is op 'n werkende suikerrietplaas geleë. Die perseel het 'n groot tuin met baie bome, boslelies en 'n volop voëllewe. Ekukhanyeni Self-Catering Farm House kyk uit oor die groen suikerrietplantasies en dit is veral 'n wonderlike uitsig as die vee in die kamp naby die huis kom wei.

Vermaak en doendinge op die plaas sluit swem in 'n klein plaasdam, visvang en bergfietsry in. Deel van die bergfietsroete word vir die Cumberland Classic MTB-resies gebruik. Gaste kan gerus as 'n groep of gesin 'n begeleide rit geniet.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wildkyk

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Maaltye Aangebied

  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Ekukhanyeni Self-Catering Farm House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R390 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]