El Roi Guest Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

El Roi Guest Lodge word deur 'n gesin bestuur en is op die Panoramaroete naby die dorpie Witrivier, Mpumalanga geleë. Ons bied 'n unieke plattelandse omgewing waar gaste tuis kan voel.

Ons eenhede is smaakvol versier en bied verskeie patio-areas waar gaste heerlik in die Laeveld kan ontspan. 'n Volledige Engelse ontbyt is beskikbaar.

Ons het 3 selfsorg-eenhede met volledig toegeruste kombuise. Elke kombuis het 'n tweeplaatstoof, mikrogolfoond en ander selfsorgtoebehore. Elke eenheid het 'n buitebraai-area, 'n ekstra lang koningingrootte-bed, linne, badhanddoeke, 'n TV met DStv, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe.

Ander geriewe sluit 'n privaat binnehof-tuin, swembad en veilige parkeerplek in.

Inheemse Bosveld-bome en plantegroei omring die lodge en lok verskeie voëls wat 'n lieflike bron van klank is, met die uitsondering van ons honde. Die klimaat is een van die beste in Suid-Afrika - dit is nie werklik warm in die somer nie en ook nie baie koud in die winter nie.

Ons is in 'n malariavrye-area weg van die besige dorp geleë. Ons het egter muskiete, so onthou om die nodige spuitgoed saam te bring.

Gaste kan gerus deur die makadamia- en pekanneutwingerde rondloop of na die rivier stap om na die Witrivier se kabbelende water te luister.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Televisie
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na El Roi Guest Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za