Elandsberg Eko-Toerisme
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Elandsberg Eko-Toerisme, Seekoevlei Plaas, Clanwilliam, 8135, Wes-Kaap
- Vanaf R600 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Elandsberg bied selfsorgwoonstelle met lugversorging in ‘n stil en veilige vallei op ‘n Rooibostee-landgoed in die hartjie van die ryk Sederberg-plantlewe. Hierdie area is wêreldbekend vir die veldblomskouspel van laat winter tot vroeg somer.
Elk van die 2 woonstelle bestaan uit ‘n betreklik ruim leefarea, ‘n eetkamer, ‘n kombuisie, ‘n slaapkamer en ‘n badkamer. Albei is ten volle toegerus vir selfsorg en is rolstoelvriendelik. Elke eenheid het ‘n veranda, ‘n uitsigdek en ‘n braaiplek. Die tuin is spesiaal ontwerp sodat gaste in rolstoele dit ook kan geniet.
Onderdakparkeerplek, lugversorging en WiFi is beskikbaar. Daar is ook 'n swembad.
Daar is meer as 90 voëlspesies op die plaas te sien. Verder bied ons voetslaanpaaie en rooibos- en fynbos-safari's.
Dit is die ideale plek om net te ontspan en te geniet. Die meer energieke gaste kan egter hul eie koers kies om die landgoed te voet te verken en die vistas van berge en golwende heuwels te geniet. Om die Weskus en die Sederberg te verken kan ‘n reeks opwindende ontdekkings wees. Die Weskus met sy pragtige strande en rotsrande is net ‘n klipgooi weg. In Lambertsbaai is die groot malgaskolonie en dis altyd fassinerend om hierdie pragtige seevoëls te sien kom en gaan.
Nie lus vir die see nie? In die teenoorgestelde rigting lei die pad na een van die oudste bergreekse ter wêreld. Hier kan die besoeker hom verlustig aan skouspelagtige uitsigte, ongelooflike rotsformasies, talle voetslaanpaaie, eeu-oue rotskuns, bergfietsroetes en veel meer. Elandsberg is ook ideaal geleë vir daguitstappies na Namakwaland met sy eindelose vertoning van veldblomme in die lente en na Nieuwoudtville, die bolplantmekka van die wêreld.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Nederlands
- Duits
Parkeerplek
- Onderdakparkering
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Chris Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 41
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Elandsberg Eko-Toerisme, Seekoevlei Plaas, Clanwilliam, 8135, Wes-Kaap
- Gaste dink Elandsberg Eko-Toerisme het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Elandsberg Eko-Toerisme, Seekoevlei Plaas, Clanwilliam, 8135, Wes-Kaap