7 gaste
2 slaapkamers
4 beddens
3 badkamers
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Slaapplek vir 7 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Lategansvlei Road, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Elandsdans is in die Klein Karoo geleë, 11 kilometer vanaf die R62 tussen Oudtshoorn en Calitzdorp in die Wes-Kaap. Die eiendom is ongeveer 16 kilometer vanaf Oudtshoorn.
Bokmakierie Huis is verdeel in 2 eenhede. Elke eenheid het 'n slaapkamer met 2 driekwartbeddens wat in 'n koningingrootte-bed omskep kan word. Die eerste eenheid het 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en dubbelwasbak. Die tweede eenheid het 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. 'n Bykomende buitebadkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Een leefarea het 'n slaapbank vir 2 kinders, terwyl die ander 'n enkelbed vir 'n kind het. Beide eenhede bied sitplek en volledig toegeruste kombuise met 'n stoof, oond of gasstoof, ketel, yskas-vrieskas, breekware, eetgerei en gereedskap. Die eerste, groter eenheid het ‘n eettafel vir 4 persone in die kombuis area. Elke eenheid maak oop na 'n gesamentlike patio met buitemeubels en 'n buite braai area.
‘n Privaat, onderdak plonspoel is onlangs bygevoeg en is pragtig verskuil in die digte Spekboombos. Koel heerlik af op ‘n warm, Karoo dag!
Geriewe op die perseel sluit in WiFi, veilige parkering en privaat braai-areas.
Besienswaardighede binne 20 kilometer sluit in stap- en bergfietsroetes op die eiendom, met gereelde waarnemings van wildlewe soos elande, koedoes, springbokke en njalas. Die gebied is ook bekend vir voëlkyk. Sit gemaklik in ons versteekte voëlkyk skuiling om ons verskeidenheid water voëls te besigtig.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Bad, Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Leefarea
1 x Kinderbank vir 2
Leefarea
1 x Kinderbed vir 1
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Cecelia Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 5 maande
Ligging
- Lategansvlei Road, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
- Gaste dink Elandsdans het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
Lategansvlei Road, Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
Sien kaart- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Slaapplek vir 7 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang