Elangeni Holiday Resort

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Elangeni Holiday Resort, Mpumalanga, Suid-Afrika, is aan die oewer van die Elandsrivier geleë, op die N4 tussen Waterval Boven en Nelspruit. Die oord is in 'n lae risiko malaria-area en is die perfekte wegbreek in ongerepte natuur.

Twaalf selfsorg-chalets is onder skaduryke bome versprei. Daar is 8 dubbelverdieping chalets elk met 2 slaapkamers, 2 badkamers, sitkamer en kombuis. Een van die chalets is rolstoelvriendelik. Daar is drie ander chalets elk met 2 slaapkamers, 1 badkamer, sitkamer en kombuis. een ander chalet het 1 slaapkamer, 1 badkamer, sitkamer en kombuis. Al die chalets is volledig toegerus.

Die oord bied visvang, voëlkyk, wandelroetes in die natuur, 'n swembad, 'n jungle gym, trampoliens, selfsorg chalets onder skaduryke bome, karavaan- en tent kampeerplekke. Aktiwiteite sluit rivierglygeut, stap en verfbal. Die oord is ideaal vir skoolgroep-uitstappies en korporatiewe spanbou. Daar is 'n lapa en 'n klipsaal vir funksies, 'n wassery en klein winkel.

Die klipsaal kan vir tot 200 gaste sorg en sluit 'n kombuis en kontantkroeg in. Dit is ideaal vir troues, konferensies, danse, temapartytjies, korporatiewe funksies & spesiale familie-okkasies.

Ons is bekend vir ons uitstaande kos van uitstaande kwaliteit. Spyseniering word binne 120 km radius van Waterval Boven aangebied vir jaareindfunksies of ander spesiale funksies, versnapperingborde, spitbraai en braai. Ons spesialiseer in troues, troukoeke, spesiale blommerangskikkings, dekorering van die saal of venue en ons voorsien musiek vir die funksie.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Selfsorg
  •  Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Elangeni Holiday Resort gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R360 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za