Eloff Guesthouse and Gallery
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 16 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Plaston- en Rocky Drift-weg, Witrivier, 1240, Mpumalanga
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 600 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Eloff Guesthouse and Gallery is 'n klein, rustige plaas wat inheemse plantegroei voorstaan en is aan die buitewyke van Witrivier in Mpumalanga geleë. Die verblyf is weg van die hoofhuis af en die unieke kothuise is prettig en kreatief, versier met flair en kunstige elemente om 'n warm atmosfeer te skep.
Die gastehuis is hoog in die Laeveldse heuwels geleë waar die drukkende hitte plek maak vir heilsame, sielsverrykende lug. Hierdie B&B is ontwerp om inheems te lyk en met die oeroue landskap te resoneer. René Eloff, die moderne inboorling, skilder en pottebakker, het hierdie en sy het orals hier haar stempels afgedruk. Haar oorlede man en bekende Laeveldse kunstenaar Zakkie Eloff se sterk invloed op die binnenshuise versiering is steed te bespeur: kleur, vitaliteit en Afrika-gees.
Wat die styl aanbetref is Eloff opstal 'n plaashuis - solied gebou teen 'n baie beskostigbare prys, ruwwe pleistermure en 'n groot hoeveelheid hout. Franse houtdeure lei na helder bosvelduitsigte, die paartjie se kunswerke - soos Zakkie se Letaba olfante - herinner gaste aan die nabyheid van die natuur.
Die gastehuis is die ideale naweektoevlugsoord as jy op soek is na 'n plek ver van die rep en roer van die stad af. Dit is egter ook 'n goeie oornagplek vir reisigers wat op pad is na die Kuger Wildtuin of Mosambiek toe - dit is die ideale plekke waar jy 'n blaaskans kan neem en jou self verlustig in die uitmuntende winkels en oulike restaurante in die omgewing.
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
Aktiwiteite op perseel
- Fietsry
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Baarshengel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Forex
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.4/5
Phillip Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 19
Jare op LekkeSlaap 10
Ligging
- Plaston- en Rocky Drift-weg, Witrivier, 1240, Mpumalanga
- Gaste dink Eloff Guesthouse and Gallery het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Panoramaroete Mpumalanga
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 16 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Plaston- en Rocky Drift-weg, Witrivier, 1240, Mpumalanga
- Alle ouderdomme is welkom