Elspeth Guesthouse Self-catering
Kry 10% af vir verblyf wat 30 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 7 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Douglas-weg 7, Pretoriusrus, Carletonville, 2499, Gauteng
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R820R738 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Elspeth Guesthouse Self-catering bied gerieflike selfsorgverblyf in Carletonville.
Gaste kan kies tussen kamers met slaapplek vir 1 of 2 gaste. Die kamers het elk 'n enkelbed of 'n dubbelbed en maak gebruik van 'n badkamer wat 'n bad of 'n stort, asook 'n toilet het. Badhanddoeke word voorsien. Daar is 'n TV met sekere DStv-kanale en 'n plafonwaaier in elke kamer.
Die kamers het toegang tot die gemeenskaplike kombuis, eetarea en sitarea. Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Maaltye kan by die etenstafel geniet word en gaste kan in die sitarea voor die TV met sekere DStv-kanale ontspan.
Daar is 'n tuin met 'n gemeenskaplike swembad en braaigeriewe by Elspeth Guesthouse langsaan. Maaltye is beskikbaar teen 'n ekstra koste by hierdie gastehuis.
Elspeth Guesthouse Self-catering is net 3 km van die Carletonville Mall af en gaste kan 'n potjie gholf speel of die Abe Bailey Natuurreservaat besoek wat staproetes en meer as 220 voëlspesies het.
Geriewe
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Maaltye Aangebied
- Aandete Op Versoek
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.5/5
Martie Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 8
Jare op LekkeSlaap 3
Ligging
- Douglas-weg 7, Pretoriusrus, Carletonville, 2499, Gauteng
- Gaste dink Elspeth Guesthouse Self-catering het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Pretoriusrus Carletonville Gauteng
- Kapasiteit: 7 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Douglas-weg 7, Pretoriusrus, Carletonville, 2499, Gauteng
- Alle ouderdomme is welkom