Encounter Container Home
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 2 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Impalaweg 51, Koringberg, 7312, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 18
- Vanaf R1 100 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Encounter Container Home is 'n glanskamp wat selfsorgverblyf op 'n privaat erf in die dorpie Koringberg bied. Die eiendom bied 'n 180 grade-uitsig oor die Swartland, die die Sederberge in die verte en die Piketberge.
Dié houerhuis is ideaal vir kampeerders - dit is eko-vriendelik, maak nie van Eskom se krag gebruik nie en werk met gas en sonkrag. Die eenheid beskik oor 1 slaapkamer met 2 enkelbeddens en 1 badkamer met 'n kompos-toilet, wasbak en 'n warmwaterstort. Die kombuisie het 'n 60 liter kamp-yskas, gasstoof, eetgerei en breekware.
Die eenheid lei na 'n dek met houtskool-braaigeriewe. Die houerhuis is op 'n erf wat 5000 m² groot is en het oorgenoeg spasie vir goedgemanierde troeteldiere om rond te baljaar.
Die eenheid is 15 tot 16 km vanaf Moorreesburg en Piketberg waar daar 'n paar winkels en restaurante is.
Gaste moet asb. hul eie beddegoed, handdoeke en braaihout saambring.
Slaapplek
’n Bespreking by Encounter Container Home sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Aktiwiteite Naby
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Stort
Eenheidgeriewe
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Stoof
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.2/5
Marlize Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 10
Jaar gelys 4
Ligging
- Impalaweg 51, Koringberg, 7312, Wes-Kaap
- Gaste dink Encounter Container Home het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Koringberg Swartland Wes-Kaap
- Kapasiteit: 2 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Impalaweg 51, Koringberg, 7312, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 18