Sederberg Akkommodasie by Enjo Nature Farm | LekkeSlaap
+88

Enjo Nature Farm

  • Vanaf R200 per nag (vir 2 persone)
  • Kapasiteit: 34 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Biedouwvallei, Clanwilliam, 8135, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Enjo Nature Farm is in die Biedouwvallei geleë, naby Clanwilliam, en bied ontspanne verblyf langs die rivier. Gaste sal die algehele privaatheid en die uitsigte oor Paardeberg geniet. Die plaas bied verskeie verblyfopsies, van selfsorg-chalets tot kampplekke.

Elke selfsorg-chalet spog met pragtige uitsigte, 'n kaggel, 'n braai-area en 'n badkamer met 'n stort. The Lazy Leopard House het 'n kombuisie, 'n badkamer met 'n aparte toilet, 'n kaggel en 'n braai-area. Daar is slaapplek vir 6 gaste in 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die ander kamer het 'n dubbelbed. Die solder het 2 enkelbeddens. Dit het 'n grasdak en kan met 'n leer bereik word. Daar is 'n klein Jacuzzi ingebou langs die stoep.

Daar is 2 chalets wat elkeen 'n kombuisie, 'n badkamer, 'n kaggel en 'n braai-area het. Albei het slaapplek vir 4 gaste in 'n oop kamer met 'n solder. Die solder het 'n grasdak en word bereik deur 'n leer. Daar is 'n koninggrootte-bed onder en 2 enkelbeddens bo.

The Annex is 'n lieflike selfsorg-eenheid wat vas is aan die hoofplaashuis. Dit het 'n privaat ingang, 'n badkamer, 'n kombuisie en 'n braai-area buite. Dit bied slaapplek vir 2 gaste en 'n enkelbed kan bygevoeg word vir 'n kind.

The Cabin is 'n klein en knus kothuis met 'n badkamer, 'n kaggel, 'n kombuisie onder 'n grasdak en 'n braai-area. Dit bied slaapplek vir 2 gaste en daar is 'n klein solder met 'n enkelmatras vir 'n kind.

Daar is 3 kampplekke langs die rivier, onder bome wat skadu bied. Die kampterrein het ablusiegeriewe met warm water, braai-areas en kragpunte.

Daar is 'n grondpad wat na die instansie toe lei - gewone sedanmotors sal steeds op hierdie pad kan ry.

Enjo Nature Farm is in 'n rustige omgewing geleë, in die Biedouwvallei van die Sederberge. Die vallei is bekend vir sy veldblomme en die uitsonderlike landskap. Geniet die stille prag en die miljoene sterre wat saans gesien kan word. Die Biedouwrivier vloei vanaf die eerste reënval tot vroegsomer (middel Mei tot middel Desember).

Daar is wonderlike staproetes op die plaas na die Enjo Amfiteater toe en na die bron waar ons ons drinkwater vandaan kry. Ons bied gratis WiFi in die ontvangsarea by die hoofplaashuis, aangesien hier geen selfsoonopvangs is nie.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Jacuzzi
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Duits

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.3 uit 5van 41 resensies vir Enjo Nature Farm
Netheid
4.0/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.2/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.3/5

Ligging

  • Biedouwvallei, Clanwilliam, 8135, Wes-Kaap
  • Gaste dink Enjo Nature Farm het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R200
per nag (vir 2 persone)

Sien meer verblyf in

Sederberg Wes-Kaap
Vanaf R200
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R200
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 34 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Biedouwvallei, Clanwilliam, 8135, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDg4MzhmNGU0LTE2M2UtNDZhNy05MjMyLWM1NWI2M2I2NjY2MA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R200  per nag (vir 2 persone) 41 5 1 5 Biedouw Valley Clanwilliam 8135 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-23:00 10:00 -32.139123741999 19.298562632521
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za