Designer Villa
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Newsel-weg 29, Selection Beach, Umdloti, 4350, KwaZulu-Natal
- Vanaf R16 000 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
Designer Villa bied 'n panoramiese uitsig oor die Indiese Oseaan en het 'n verskeidenheid pasgemaakte ontwerpersafwerkings. Die pragtige eenheid is in 'n gesogte deel van Umdloti geleë en spog met 'n asemrowende uitsig. Dit is ideaal vir reisigers en gesinne wat herinneringe in dié bekoorlike dog luukse kusdorpie wil skep.
Die kontemporêre tripelverdiepinghuis beskik oor 5 slaapkamers en 4 badkamers. Die hoofslaapkamer, wat die hele boonste verdieping beslaan, het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n toilet, dubbelwasbak, bad en 2 storte. Twee van die slaapkamers het elk 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n toilet, wasbak en 'n bad of 'n stort. Die laaste 2 slaapkamers het, onderskeidelik, 2 enkelbeddens en 'n koningingrootte-bed. Die vierde badkamer het 'n toilet, wasbak en 'n stort.
Die hoofleefarea bied 'n panoramiese uitsig oor die Indiese Oseaan en beskik oor 'n sitarea, eetarea en 'n kombuis. Die kombuis is met 'n yskas, oond, stoof en 'n mikrogolfoond toegerus. Elke sitarea het gemaklike rusbanke en die informele sitarea dien ook as die TV-kamer. Die tussenvloer spog met glasvensters wat van die vloer tot die plafon strek en bied 'n pragtige uitsig.
Gaste kan tyd in die huis se tuin of swembad deurbring, of by Selection-strand gaan swem. Buite-aktiwiteite in die omgewing sluit die Blue Trail-natuurstaproete of die Sibaya Kuswoudreservaat in. Die huis is ook naby 'n verskeidenheid winkels, restaurante en die Sibaya Casino & Entertainment Kingdom.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Kinderoppasser Op Versoek
- Swembad
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Internet
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Eetkamer
- Waaier
- Klein kombuis
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.2/5
Alandra Geverifieer
Eiendomme 16
Resensies 13
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Newsel-weg 29, Selection Beach, Umdloti, 4350, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Selection Beach Umdloti KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Newsel-weg 29, Selection Beach, Umdloti, 4350, KwaZulu-Natal