Tulbagh Akkommodasie by Essere Lodge Guest House | LekkeSlaap
+82

Essere Lodge Guest House

14 resensies
Gastehuis
  • Vanaf R1 200 per nag (vir 2 persone)
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Tulbaghweg Erf 110, Tulbagh, 6820, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 16

Beskrywing

Essere Lodge Guest House is 'n gaste-lodge en 'n funksie-venue in die platteland, sowat 5,6 km van Tulbagh af. Verblyf word in 8 gerieflike B&B-suites en 'n houthuis in 'n inheemse tuin met 'n pragtige uitsig op die Witzenberge aangebied.

Die suites is gerieflik en ideaal vir 'n romantiese wegbreek of vir enkelreisigers. Elke suite het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad of stort. Verder het elke suit ook WiFi, 'n yskassie met voorraad en tee- en koffiemaakgeriewe. Ontbyt word in die eetarea in die skuur bedien of op die stoep wat 'n uitsig oor die tuin en op die berge bied.

Die plaasstyl-kothuis is ideaal vir paartjies of 'n naweek saam met vriende. Daar is 2 slaapkamers, 1 met 'n koningingrootte-bed en die ander met 'n dubbelbed, sowel as 'n badkamer met 'n stort. Verder is daar 'n oopplan-leefarea met 'n toegeruste kombuis en 'n gerieflike sitarea met 'n nagemaakte stoof-verwarmer. 'n TV met sekere DStv-kanale is beskikbaar. Die sitarea lei na 'n dek met 'n Jacuzzi, braai en uitsig op die berge. Tee- en koffiemaakgeriewe en 'n mandjie hout word voorsien. Ekstra hout kan by ontvangs gekoop word. Indien gaste nie lus is om hul eie ontbyt te maak nie kan hulle ontbyt in die skuur vanaf 8:30 tot 10:30 teen 'n ekstra koste geniet.

'n Kroeg met plaaslike bier en wyn, 'n braai-area en 'n pizza-oond is op die perseel beskikbaar. Die hoofkuierplek is 'n ruim, opgeknapte skuur met vensters wat vanaf die vloer tot plafon strek. Geniet die uitsig vanaf die 2 stoepe of ontspan met 'n boek voor die kaggel. Veilige parkeerplek is agter afstandbeheerde hekke op die eiendom beskikbaar.

Essere Lodge Guest House is naby verskeie besienswaardighede en doendinge, soos die omliggende wingerde, Waterval Natuurreservaat, Saronsberg-teater en trekkerritte tot bo-op Saronsberg.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Jacuzzi
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Portier
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 14 resensies vir Essere Lodge Guest House
Netheid
4.6/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Tulbaghweg Erf 110, Tulbagh, 6820, Wes-Kaap
  • Gaste dink Essere Lodge Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 200
per nag (vir 2 persone)

Sien meer verblyf in

Tulbagh Boland Wes-Kaap
Vanaf R1 200
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 200
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Tulbaghweg Erf 110, Tulbagh, 6820, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 16
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGVjN2Q4NmUxLWY2ZjEtNDQxNy05YzYyLTM2Y2E2ZTc4Y2I2ZQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 200  per nag (vir 2 persone) 14 5 1 5 Erf 110 Tulbagh Road Tulbagh 6820 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 11:00 -33.314028517101 19.103204402447
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za