Faircity Roodevallei Hotel

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Faircity Roodevallei is 'n bekoorlike grasdak-hotel wat oor 'n natuurreservaat uitkyk. Die lodge bied gerief in die prentjiemooi omgewing. Dit is gerieflik geleë net 45 minute van Johannesburg se middestad en OR Tambo Internasionale Lughawe af.

Die hotel bied aan gaste 'n keuse van 100 ten volle gemeubileerde kamers - Standaard, Superieure, "Executive" en "Deluxe". Al die kamers is toegerus met dubbel- of koninggrootte-beddens met silwerskoon wit linne. Daar is baddens of storte in die badkamers. Die kamers het balkonne of stoepe wat oor die rivier uitkyk. Die grasdak-, tuin- en hotelkamers is 'n bietjie verder agtertoe geleë in die mooiste ontwerperstuine. Elke kamer beskik oor 'n TV met DStv en tee- en koffiemaakgeriewe.

Die geriewe op die perseel sluit 'n swembad, sauna, Jacuzzi buite en 'n moderne gimnasium in wat 24 uur per dag beskikbaar is teen geen ekstra koste nie.

Die bekoorlike hotel is in 'n bosveld-natuurreservaat en toevlugsoord vir voëls geleë en skep 'n gesellige atmosfeer. Die venue kyk oor die Pienaarsrivier uit en bied heelwat onvergeetlike liggings waar jou trou herinneringe lewenslank vasgevang kan word.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Satelliet-TV
  •  Gimnasium
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Faircity Roodevallei Hotel gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 350 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za