Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Falcon Crest

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Tyger Falls-boulevard 4, Tyger Waterfront, Bellville, 7550, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 500 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Falcon Crest is in die Tyger Waterfront naby die Tygervallei Winkelsentrum, Virgin Active en die hoofkantore van verskeie groot maatskappye. Kort- of langtermynverblyf is beskikbaar en die eenheid is veral geskik vir sakereisigers en toeriste.

Die woonstel bied 'n uitsig oor die meer en beskik oor 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 2 wasbakke. Die tweede slaapkamer het ook 'n dubbelbed en maak van 'n aparte badkamer met 'n bad, toilet en 'n wasbak gebruik.

Die oopplan-kombuis is met 'n yskas, stoof, mikrogolf, 'n wasmasjien, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus.

Die leefarea het 'n rusbank, 2 stoele, 'n slim-TV met WiFi en Netflix en lei na 'n balkon met 'n tafel en stoele.

Die kompleks het 24 uur-sekuriteit en toegangsbeheer. Veilige onderdakparkeerplek vir 1 voertuig is by die prys ingesluit.

Die Tyger Waterfront bestaan uit eksklusiewe, kommersiële en residensiële eiendom. Die ontwikkeling is sentraal in Kaapstad, naby strande, die Wynlande en net 1 km vanaf die N1.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 2 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Geen Rook Binnenshuis
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Onderdakparkering

Badkamer

  • Bad
  • En-suite

Eenheidgeriewe

  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 7 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.6
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Marzane M
5.0
Perfekte selfsorg woonstel. So lekker gebly! Sentraal geleë, veilig en lekker eetplekke naby.
Jan 2024
Edwin G
Saam met lewensmaat
5.0
Fantastiese plek om te oornag. Baie dankie aan Riaan vir die moeite op 'n Sondag. Ons waardeer dit baie. Plek is baie netjies en die ligging was perfe...
Sien meer
Jan 2023
Paul V
Saam met lewensmaat
5.0
Mooi, netjiese eenheid met 'n mooi uitsig! Baie netjiese plek. Skoon en goed toegerus. Was baie aangenaam. Beveel die plek aan.
Jan 2023
Johann M
Saam met vriende
4.4
Mooi omgewing met alle dienste baie naby. Die blyplek is netjies. Die skottelgoed, wasseep en handewasseep was baie min. Ander huurders in gebou bietj...
Sien meer
Jul 2023
Deon S
Saam met lewensmaat
4.2
Hoogtepunt, ontbyt by Bossa fantasties. Die venue is net as basis gebruik, voldoende. Water in die kanaal en dam was vuil aan kante, maar nie iets wat...
Sien meer
Aug 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

Riaan Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 9

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Tyger Falls-boulevard 4, Tyger Waterfront, Bellville, 7550, Wes-Kaap
  • Gaste dink Falcon Crest het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 500
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R1 500
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Tyger Falls-boulevard 4, Tyger Waterfront, Bellville, 7550, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8dabebca5c7a6ab5b2ec96c0fd8c09c3a042892697934e7928237fa5da80916de9f42383e59d38d04afe0e785bd432020367?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 500 per nag (plek vir 4) 7 5 1 5 4 Tyger Falls Boulevard Tyger Waterfront 7550 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 09:00 -33.875014972754 18.630702894859

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang