Farquhar Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Farquhar Lodge is in Sentraal Ladysmith, in 'n pragtige woudagtige tuin geleë. Die lodge bied maklike toegang tot die oorlogslagvelde, die Drankensberge en die Groot 5 by die Nambiti Wildreservaat.

Akkommodasie is beskikbaar in 19 elegante en suite-kamers wat ideaal is vir sakereisigers of toeriste wat op soek is na gerieflike verblyf in 'n rustige omgewing. Die kamers is met natuurlike kleurskakerings versier en het 'n warm atmosfeer met uitsigte oor die lieflike tuin. Daar is geriewe soos gratis WiFi, sekere DStv-kanale, lugversorging en tee- en koffiemaakgeriewe.

Geriewe op die perseel sluit 'n gimnasium, swembad, braai-area, eerlikheidskroeg en veilige onderdakparkeerplek met geslotekringtelevisie in. Die lodge bied ook heerlike tuisgemaakte etes. Die Grasdaklapa is die perfekte plek om klein konferensies of aanbiedinge te hou. Klein kantoorpartytjies of funksies kan in die ontspanne "Out of Africa"-atmosfeer geniet word.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Gimnasium
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Farquhar Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R860 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false