Fifty on the Rocks

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Fifty on the Rocks is ’n selfsorg-vakansiehuis op die strandfront in Uvongo. Die perseel is oorkant die pad geleë wat direk na die strand toe lei.

Die huis het 3 slaapkamers en 1 badkamer. Die hoofslaapkamer het ’n koningingrootte-bed en die tweede en derde kamer het elk 2 enkelbeddens. Die badkamer het ’n bad en aparte toilet. Die kombuis is toegerus met ’n yskas, mikrogolfoond, tweeplaatstofie met oond en ander toebehore.

Die oopplan-sitarea en -eetarea het ’n TV met ’n DStv-koppelpunt, so gaste kan hul eie dekodeerder en slimkaart saambring. Explora werk ongelukkig nie hier nie. Die leefarea lei na ’n patio met ingeboude braaigereriewe en ’n lieflike gedeeltelike see-uitsig. Die perseel het ’n groot tuin en elektriese omheining.

Uvongo is in die hartjie van die Suidkus en dié area bied oorgenoeg doendinge en besienswaardighede vir die hele familie. Gaste kan direk van Orange Rocks af visvang reg voor die huis, diepsee-visvang, haaihokduik, skubaduik, walvis- en dolfynkyk asook bootritte naby Shelly Beach geniet.

Die Suidkus spog met 7 Blouvlagstrande en 9 18 putjie-gholfbane. Shelley Beach het ook 2 winkelsentrums.

Slaapplek

'n Bespreking by Fifty on the Rocks sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Aparte Toilet

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Fifty On The Rocks gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R968 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false