Fish Eagle Guest Farm
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Erfdeel 18 Silonque Plots, Phalaborwa, 1390, Limpopo
- Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Fish Eagle Guest Farm is in die Mopani-bosveld van Phalaborwa, ongeveer 10 km noord van die sakesentrum geleë. Dit is 'n klipgooi van die Krugerwildtuin af en die Phalaborwa-hek is omtrent 12 km van die gasteplaas af.
Hierdie eiendom bied 'n keuse tussen die gesinskamer, Breëkoparend, met slaapplek vir 4 gaste of die 2 dubbelkamers, Berghaan en Jagarend. Die gesinskamer het 2 enkelbeddens en 'n stapelbed terwyl Berghaan ook 2 enkelbeddens het. Jagarend is 'n knus kamer met 'n dubbelbed. Linne word voorsien maar gaste moet asb. hulle eie handdoeke saambring.
Elke kamer het 'n privaat badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Daar is gratis WiFi, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n spieëlkas met 'n haardroër in die eenheid.
Gaste kan langs die kampvuur uitspan en na die hiënas in die aand luister, of langs die dam uitspan en die voëls in die tuin aanskou. Natuurliefhebbers kan ook die woud langs die plaashuis verken wat 'n verskeidenheid skoenlappers, veldblomme, voëls en bome het. Daar is kleinwild op die perseel wat gereeld die plaashuis besoek.
Fish Eagle Guest Farm bied 'n verskeidenheid aktiwiteite op die plaas wat deur 'n opgeleide en ervare gids gelei word. Dit sluit wildritte na die Krugerwildtuin, bootsafari's op die Olifantsrivier en ritte na die Panoramaroete in.
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Speletjieskamer
- Gastesitkamer
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Piekniek-middagete
- Tee
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.4/5
Cathy-Louise Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Erfdeel 18 Silonque Plots, Phalaborwa, 1390, Limpopo
- Gaste dink Fish Eagle Guest Farm het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Phalaborwa Laeveld Limpopo
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Erfdeel 18 Silonque Plots, Phalaborwa, 1390, Limpopo