Jongensfontein Akkommodasie by Fonteinhutte Self-catering Apartments | LekkeSlaap
+25

Fonteinhutte Self-catering Apartments

Langtermynverblyf-aanbod 20% af

Kry 20% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vanaf 2 Jun 2020 tot 4 Des 2020.

  • Kapasiteit: 59 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Fonteinhutte, Jongensfontein, 6675, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R605 R484 per nag (plek vir 5)

Beskrywing

Fonteinhutte Self-catering Apartments bestaan uit 'n versameling vakansie-chalets naby die hoofstrand in Jongensfontein, 'n kusdorpie langs Stilbaai op die skilderagtige Tuinroete. Die vakansiewoonstelle is ideaal vir gesinne of vriendegroepe wat op soek is na 'n stil bestemming vir 'n selfsorg-seevakansie.

Verblyf word in 11 volledige selfsorg-woonstelle gebied. Elke eenheid bied slaapplek aan 6 gaste. Beddegoed en handdoeke word nie voorsien nie en beddegoed kan gehuur word. Die woonstelle het elkeen 'n leefarea en 'n kombuis wat toegerus is met 'n vierplaatstoof en -oond, mikrogolf, 'n yskas-vrieskas, broodrooster, breekware en eetgerei. Elke woonstel het onderdak-braaigeriewe. Die leefkamer het 'n TV met DStv, maar gaste moet hul eie DStv-dekodeerder en -slimkaart bring.

Klein en mediumgrootte-honde word toegelaat buite seisoen indien dit vooraf gereël word. Geen troeteldiere word gedurende hoogseisoen toegelaat nie.

Die kuslyn het pragtige strande, indrukwekkende rotse en vele rotspoele vir kinders om in te speel. Daar is ook 'n klomp plekke waar jy kan visvang en swem, en ook goeie plekke vir walviskyk.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 23 resensies vir Fonteinhutte Self-catering Apartments
Netheid
4.2/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Fonteinhutte, Jongensfontein, 6675, Wes-Kaap
  • Gaste dink Fonteinhutte Self-catering Apartments het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R605
Vanaf R484
per nag (plek vir 5)
was R605
Vanaf R484
per nag (plek vir 5)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 59 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Fonteinhutte, Jongensfontein, 6675, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDVmOGI1NmVkLWJkNGEtNGIwMC1iODg4LTVhZTdiZmYyNTQ0Ng?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R605, nou Vanaf R484  per nag (plek vir 5) 23 5 1 5 Fonteinhutte Jongensfontein 6675 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.426367138204 21.337388992833
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za