Fordoun Hotel and Spa

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Fordoun Hotel en Spa is in Nottinghamweg in KwaZulu-Natal se Middellande aan die voorheuwels van die Drakensberge geleë. Die hotel is in die groen weivelde van 'n suksesvolle melkplaas, met 'n geskiedenis wat terug dateer na die 1800's. Die oorspronklike plaasgeboue is omskep in 'n elegante, atmosferiese spa, hotel en restaurant met 'n verskeidenheid spa- en ontspanningsgeriewe.

Verblyf word gebied in 23 suites wat in 3 kategorieë verdeel kan word: luukse-, "deluxe"- en superior suites. Fordoun Farm Village is in 'n rustige landelike omgewing wat 'n panoramiese uitsig op die Drakensberge bied en 'n gevoel van ontspanning en romanse skep.

Die Skye Bistro spog met eersteklas etes en gebruik vars plaaslike produkte. Dis 7 dae per week oop vir hotelgaste en besoekers op soek na uitstekende kos in 'n rustige omgewing. Die restaurant, met sy brandende kaggelvure in die winter of uitsig van die sonsondergang en heuwels vanaf die stoep, is die ideale plek vir 'n ontspannende ete. Die restaurant maak voorsiening vir alle behoeftes; dit bied 'n plaasontbyt, 'n ligter kafee-middagete en heerlike aandetes.

Fordoun bied 'n groot verskeidenheid spa-behandelings en spog met 'n span kundiges soos masseurs, Reiki- en Bio-energie spesialiste, 'n tradisionele Afrika-geneser en hoogs opgeleide skoonheidspesialiste. Die spa bied behandelings wat internasionaal bekroon is, 'n binne-swembad, gimnasium, sauna, stoomkamer, Vichy-stort, hidroterapie kamer en behandeling-suite met 'n hidroterapiebad vir paartjies.

Die Fordoun-konferensiesentrum kan spyseniering doen vir 'n maksimum van 40 konferensiegangers. Die sentrum bied kwaliteit toerusting en hulpbronne vanaf die Fordoun Spa en Skye Restaurant is ook beskikbaar. Die ruim konferensiekamer het 'n hoë plafon en is ideaal vir verskillende geleenthede en funksies. Die opgeknapte skuur wat by die Fordoun Farm Village geleë is, het 'n pragtige uitsig oor die majestueuse Drakensberge en is ideaal vir troues.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Kunsvlieghengel
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Portier
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Wynkelder
  •  Gimnasium
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Kantoorgeriewe
  •  Rekenaar Netwerklewering
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 50 afgevaardigdes
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Aandete Op Versoek
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Piekniek-middagete
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Fordoun Hotel And Spa gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 360 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false